Vertalingskomitee

Wie ons is

Die Vertalingskomitee is ‘n span van vrywilligers met lede van regoor die wêreld. Ons grootste verantwoordelikheid is om die inhoud van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) en sy projekte toeganklik te maak vir fans wat nie Engels praat nie. Ons help ook ander OTW-komitees om met nie-Engelssprekende fans en gebruikers te kommunikeer.

Die komitee word intern verdeel in vertalers en vrywillige bestuurders. Vertalers werk in taalspanne; hulle skep en proeflees vertaalde tekste. Vrywillige bestuurders koördineer die taalspanne en doen administratiewe take rondom vertaalwerk, soos om dokumente op te stel en op te laai, sperdatums in te stel, onderhoude te voer met potensiële vertalers en nuwe vrywilligers op te lei.

Ons het 47 taalspanne van verskillende groottes: Afrikaans, Arabies, Bengali, Bulgaars, Tradisionele Chinees, Vereenvoudigde Chinees, Deens, Esties, Filippyns, Fins, Frans, Duits, Grieks, Hebreeus, Hindi, Hongaars, Indonesies, Italiaans, Japannees, Katalaans, Kroaties, Koreaans, Kyrgyz, Litaus, Masedonies, Maleis, Marathi, Nederlands, Noors, Oekraïns, Persies, Pools, Brasiliaans Portugees, Europese Portugees, Roemeens, Russies, Serwies, Sinhala, Slowaaks, Sloweens, Spaans, Sweeds, Thai, Tsjeggies, Turks, Viëtnamees en Wallies. Ons is altyd op soek na geleenthede om nuwe taalspanne te begin!

Ons werk

Die Vertalingskomitee vertaal materiaal vir die OTW en sy projekte, insluitend die hoof webwerf van die organisasie en die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) Algemene Vrae. Ons werk ook aan nuus en kennisgewings vir OTW-projekte, soos aankondigings van Open Doors (Oop Deure) , AO3 nuusberigte en OTW-lidmaatskapwerwings.

Boonop werk ons ​​saam met die AO3 Beleidsmisbruik- en Ondersteuningskomitees om gebruikersboodskappe en -versoeke te vertaal, en help ons om nie-Engelse opmerkings op openbare poste te beantwoord.

Oor die Afrikaanse Span

  • Span Afrikaans is op 24 Junie 2019 gestig.
  • Die span het tans 5 vertalers.
  • Hulle vertaal inhoud soos AO3 Algemene Vrae en die OTW-webwerf.
  • Hulle het ook al spesiale projekte soos vertaling vir OTW-lidmaatskapwerwings aangepak.
  • Sommige lede help die AO3 Beleidsmisbruik- en Ondersteuningskomitees om met AO3 gebruikers te kommunikeer.

Kontak ons​​

Indien u meer wil weet oor die Vertalingskomitee se werk, ons spanne, of oor ons vrywilligersprogram, of as u enige vrae het, kontak ons gerus—ons sal bly wees om van u te hoor.

Waar ons is

Hier is ‘n kaart wat die konsentrasie van OTW Vertalers regoor die wêreld aandui soos op Desember 2020, met lande met meer lede donkerder geskakeer. (Slegs lede wat bereid was om op die kaart te verskyn, is ingesluit.) Die kaart toon mense se nasionaliteit of verblyfstatus, afhangend van wat elke vrywilliger verkies om te gebruik.