Posts in Archive of Our Own

AO3 sê totsiens vir oop beta!

Ons is opgewonde om aan te kondig dat AO3 oop beta verlaat! Ons koppelvlak het al heelwat verander van toe ons die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) se oop beta-uitgawe in 2009 aangekondig en bekendgestel het. By bekendstelling was daar net 347 AO3-rekeninge en 6 598 werke. Al het ons vinnig begin groei, was ons oorspronklik baie beperk in wat ons kon doen. Het jy geweet dat AO3-uitnodigings oorspronklik met die hand deur individuele AO3-vrywilligers uitgestuur is? Gedurende die aanvanklike periode van vinnige groei het ons net sowat 1 200 uitnodigings per dag uitgestuur en dit het toe afgeneem tot… Read more

Versamelingsetikette en die Verbetering van Versamelingsfilters

Ons het sopas kode verfris wat dit makliker sal maak om deur die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie – AO3) se versamelings te blaai en filters toe te pas! Benewens ’n paar agterstallige prestasieverbeterings, laat hierdie bywerking ons ook toe om collection tags (versamelingsetikette) bekend te stel – ’n nuwe manier om versamelings te vind wat die fandoms, verhoudings, tropes en ander onderwerpe waarvan jy hou, bevat. Hoe werk versamelingsetikette? Versameling-eienaars kan nou tot 10 etikette van enige tipe gebruik (Wat is die verskillende tipes etikette?) om hul versameling te beskryf. Die etikette word op die versameling se beskrywing gelys,… Read more

Kunsmatige Intelligensie en Data Skraping op AO3

Met die vermenigvuldiging van Kunsmatige Intelligensie-hulpmiddels die afgelope paar maande, het baie fans hul bekommernis uitgespreek rakende data skraping en werke wat deur kunsmatige intelligensie genereer is, en hoe hierdie ontwikkelinge die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) affekteer. Ons deel u bekommernis en wil dus graag vir u laat weet wat ons besig is om te doen om data skraping te beveg en wat ons huidige beleid oor die onderwerp van kunsmatige intelligensie is. Data skraping en AO3 fanwerke Ons het sekere tegniese maatreëls ingestel om grootskaalse data skraping op AO3 te beperk, soos byvoorbeeld om die aantal versoeke wat… Read more

Verdere Veranderinge aan die Verantwoordelikhede van die Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees

Soos ons voortgaan om te werk aan beter balans van verantwoordelikhede tussen ons Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees, verskuif ons twee verdere soorte sake van Beleidsmisbruik na Ondersteuning se mandaat: Fannish Naasbestaandes Dit is ‘n opsie wat ons bied wat ‘n aangewese persoon toelaat om u rekening te bestuur as u sterf of onbevoeg raak. U kan meer leer oor die Fannish Naasbestaandes-program in ons Diensvoorwaardes Algemene Vrae. Neem asseblief kennis dat, as u ‘n Fannish Naasbestaande-versoek het wat tans verwerk word, ons Beleidsmisbruik-span die versoeke wat hulle reeds ontvang het sal voltooi. As u in die toekoms ‘n Fannish naasbestaande wil aanwys, of een wat tans… Read more

Veranderinge aan die verantwoordelikhede van die Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees

Om die werksladings van ons Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees meer gebalanseerd te maak, maak ons ‘n paar veranderinge aan wie verantwoordelik is vir watter soort versoeke. Soos altyd, sal Beleidsmisbruik aanhou om oortredings van die Diensvoorwaardes aan te spreek, en Ondersteuning aanhou om vrae te beantwoord oor hoe om die webtuiste te gebruik, asook om die aanmelding van tegniese foute te hanteer. Sekere van die sake wat vroeër deur Beleidsmisbruik hanteer is, sal egter nou deur Ondersteuning hanteer word. Hierdie sake is: Om toegang tot ‘n rekening te verloor (indien u byvoorbeeld nie meer die e-pos wat u gebruik het om die rekening op te stel,… Read more