Posts in Event
Oktober 2025 Lidmaatskapwerwing: Dankie vir jou Ondersteuning
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se Oktober Lidmaatskapwerwing is verby en ons is bly om te sê dat ons ‘n totaal van VS$288 692,28 ingesamel het. Ons is veral bly dat 7 339 van ons skenkers gekies het om lidmate te word, of deur hulle donasie hul OTW lidmaatskap te hernu. Dit het ons doelwit van 4 500 lede oorsky. Hierdie donasies kom vanaf 8 753 mense in 79 lande. Dankie aan elkeen van hulle, asook aan almal wat nuus oor die werwing gedeel het! Die OTW sou nie bestaan sonder sy gebruikers regoor die wêreld nie, en jul aanhoudende ondersteuning is ons trots!… Read more
Oktober 2025 Lidmaatskapwerwing: Die Stelsels wat Julle Ondersteun
Die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bly groei en nuwe mylpale bereik. Vanjaar alleen het ons nege miljoen gebruikers, een miljoen Mandaryns-Chinese fanwerke en 15 miljoen fanwerke gevier. Het jy al ooit gewonder hoe ons agter die skerms by bly? Een van die plekke waar jul skenkings mees benut word is deur ons Sisteemkomitee, wat hard werk om die bedieners wat AO3 se databasis en soekstelsels aandryf, op te gradeer om tred te hou met die toenemende aantal gebruikers en aktiwiteit. Die Sisteemkomitee onderhou die infrastruktuur wat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se projekte ondersteun, sowel as interne stelsels…. Read more
2025 OTW Verkiesingstydlyn en Lidmaatskapsperdatum
Die OTW Verkiesingskomitee is bly om aan te kondig dat die tydlyn vir die 2025-verkiesing van nuwe lede vir die Raad van Direkteure geplaas is! Soos voorheen aangekondig, het Zixin Zhang uit die Raad bedank kort voor die einde van die termyn. Die volgende Direkteure verlaat vanjaar die Raad, siende dat hulle die einde van hul termyn bereik het: Jennifer Haynes Daar is 7 Direkteure op die OTW se Raad en vanjaar sal OTW-lede 2 nuwe Direkteure verkies om op die Raad te dien vir termyne van 3 jaar. Hierdie jaar se verkiesing sal op 15-18 Augustus gehou word. Dit beteken dat die sperdatum vir… Read more
April 2025 Lidmaatskapwerwing: Dankie vir jou Ondersteuning
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se April lidmaatskapwerwing is verby en ons is bly om te kan deel dat ons altesaam VS$269 766,01 ingesamel het, wat ons teiken van VS$75 000,00 ver oorskry het. Hierdie donasies kom vanaf 8 216 mense in 82 lande. Dankie aan elkeen van julle, asook aan almal wat nuus oor die werwing op sosiale media gedeel het! Ons is veral bly dat 7 064 van ons skenkers gekies het om lidmate te word, of deur hulle donasie hul OTW lidmaatskap te hernu. Die OTW sou nie bestaan sonder sy gebruikers regoor die wêreld nie, en jul aanhoudende ondersteuning is… Read more
April 2025 Lidmaatskapwerwing: Vir Fans, Deur Fans
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) word sedert sy stigting in 2007 vir fans, deur fans bestuur. Ons is oorweldig deur die steeds groeiende belangstelling en ondersteuning vir ons projekte van fans van verskillende generasies regoor die wêreld. Ons is uiters dankbaar vir die finansiële ondersteuning van OTW-lede en skenkers, wat ons gehelp het om ‘n finansiële reserwe op te bou terwyl ons ook die deurlopende uitgawes van ons projekte dek. Hierdie fondse, sowel as jul vrywilligheid en ondersteuning, is noodsaaklik wanneer een van ons projekte probleme ondervind, soos die stilstand en traagheid wat die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)… Read more