Dit is amper weer daardie tyd: die Internasionale Dag van Fanwerke (of “IFD”, vanaf die Engelse akroniem) is spoedig op pad! Dit word jaarliks op 15 Februarie gevier en ons het dié jaar baie planne – ons hoop u sal saam met ons kom feesvier! Read More
Kategorie: Event

Internasionale Vrywilligersdag 2020
Vandag is Internasionale Vrywilligersdag. Ons wil al die wonderlike vrywilligers bedank wat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) aan die gang hou. Die OTW het tans 894 vrywilligers in 18 komitees – en ‘n klomp van hierdie vrywilligers het meer as een rol in die organisasie! Verder werk sommige van ons vrywilligers al vir ‘n besondere lang tyd vir die OTW! Daar is 6 vrywilligers wat al hier was van die begin af en 37 wat al 10 jaar of langer betrokke was. Ons kan u nie genoeg bedank vir jare se diens nie. Read More