Posts in Newsletter

Mei 2020 Nuusbrief, Volume 178

I. RAAD VAN DIREKTEURE NUUS Die Raad weet dat dit sy interne en eksterne kommunikasie moet verbeter as dit kom by nuus oor voortslepende projekte. Ons het dus onlangs ’n bywerking gedeel oor die beloftes wat ons in 2020 gemaak het om rassisme op ons platforms te beveg. Ons verstaan dat dit dikwels frustrerend is vir beide vrywilligers en fans wanneer verskeie besprekings en projekte lank vat om voort te beweeg. Die Raad sal sy beste doen om voortdurend inligting oor die vordering van hierdie projekte te verskaf. Ons het ook ’n openbare vergadering geskeduleer vir 2 Julie om 18:00 UTC + 2 (CAT) (Hoe… Read more

April 2023 Nuusbrief, Volume 177

I. FANLORE NUUS Fanlore het gewerk om bladsy buitelyne meer toeganklik te maak en om riglyne en gebruike meer sigbaar aan nuwe redakteure te maak. Daar is gevolglik ’n nuwe Hulp-bladsy, Help:Non-English Language Content, nou op Fanlore beskikbaar (in Engels). Fans is ook welkom om hulp te kry deur die Fanlore Discord bediener. Fanlore het ’n redigering chat gefokus op skakel-argivering gehou op 29 April. II. BY DIE AO3 In April het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) die 11 miljoenste fanwerk gevier wat op die Archive Of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geplaas is! Die Kommunikasie komitee se sosiale media aankondiging… Read more

Februarie 2020 Nuusbrief, Volume 175

I. INTERNASIONALE FANWERKDAG Op en voor 15 Februarie het die Kommunikasie komitee die negende jaarlikse Internasionale Fanwerkdag gevier. Dit het ’n fanwerk uitdaging, aanbevelingsfees, en fan chat en speletjies op Discord ingesluit. Fanlore het ook fees gevier met sy sesde jaarlikse IFD Fanlore Uitdaging en die Vertalingskomitee het verskeie IFD nuusberigte vertaal na ’n indrukwekkende 32 tale. Baie dankie aan almal wat gehelp het! II. BY DIE ARCHIVE OF OUR OWN – AO3 (ARGIEF VAN ONS EIE) Die AO3 Dokumentasie-komitee het ’n opgedateerde Kry Toegang Tot Fanwerke Algemene Vrae opgelaai. Dit sluit nuwe vrae in wat ons gebruikers sal touwys maak. Intussen het Oop Deure… Read more

November 2022 Nuusbrief, Volume 173

I. OOP DEURE INVOERE In November het Open Doors (Oop Deure) die invoer van By Your Command, ’n Battlestar Galactica argief, en The Pony Fiction Archive, ’n My Little Pony: Friendship is Magic fanfiksie argief voltooi. Dit het ook die komende invoer van Slashknot, ’n Slipknot (musiekgroep) LiveJournal gemeenskap, en The LeBeau Library, ’n X-Men fanfiksie argief aangekondig. Bly ingeskakel aan die begin van 2023 vir ’n opsomming van al die invoere wat Oop Deure gedurende die afgelope kalenderjaar voltooi het! II. BY DIE ARCHIVE OF OUR OWN – AO3 (ARGIEF VAN ONS EIE) Die Toeganklikheid, Ontwerp en Tegnologie Komitee het vrystellingsnotas geplaas oor vier… Read more

September 2022 Nuusbrief, Volume 171

I. DIE OTW WORD 15 In September het die Kommunikasie komitee die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se 15de bestaansjaar gevier met ‘n trivia-speletjie, ‘n fanwerke-uitdaging en spesiale onderhoude met Francesca Coppa en Constance Penley. Baie geluk aan ons trivia- en uitdagingwenners, met dank aan die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee wat pryse verskaf het! Die Kommunikasie komitee het ook kommentaar op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) se nuusplasings heraktiveer—net betyds vir die herdenking. Ons het ook aangekondig dat die AO3 gedurende die vieringe 5 miljoen geregistreerde gebruikers bereik het—terloops op 15 September! II. BY DIE AO3 Oop deure het die invoer… Read more