April 2021 Werwing: Dankie vir U Ondersteuning

Noudat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se April lidmaatskapwerwing tot ‘n einde gekom het, bedank ons graag almal wat deelgeneem het. Ons is verstom, en dankbaar om te kan deel, dat ons gedurende die werwing VS$264 918,85 vanaf 9 110 skenkers in 84 lande ontvang het. Dit het ons teiken van VS$50 000 ver oorskry. Ons lidmaatskap het ook tot 16 842 lede gegroei. U is ongelooflik, dankie! Read More

April 2021 Werwing: Kudos vir U

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is in 2007 gestig deur fans vir fans, met die missie om fandom te dien deur transformerende werke te preserveer en die skep daarvan aan te moedig. Veertien jaar later is ons toewyding hieraan steeds onwrikbaar. Die OTW werk om fans, en die transformerende werke wat hulle skep, te beskerm, of dit nou deur regsvoorspraak teen fan-onvriendelike wetgewing, die red van bedreigde fanwerke, die opskryf van fangeskiedenis, die verskaffing van ‘n lokaal vir fanstudies of die gasheer van u ou en nuwe fanwerke is.

Maar ons kan dit nie sonder u hulp doen nie. Soos ons elke April en Oktober maak, vra ons u tydens die volgende drie dae om dit te oorweeg om by die OTW aan te sluit en om ‘n donasie te maak om ons werk te ondersteun. Indien u nie op die oomblik in staat is om ‘n donasie te maak nie, oorweeg asseblief om die nuus van ons werwing met ander mense in u fandomnetwerke te deel. Hoe ook al u u ondersteuning aan die OTW wys, u deelname en entoesiasme word baie waardeer.

Read More

OTW Finansies: 2021 Begroting

Gedurende die afgelope jaar het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Finansiekomitee soos altyd verseker dat die organisasie se rekeninge betaal, die inkomstebelasting-opgawes ingedien en die standaard rekeningkundige prosedures gevolg word. Voorbereiding vir die 2020 oudit van finansiële state is tans aan die gang!

Die span het ook ywerig gewerk om te voldoen aan die OTW se behoeftes vir 2021 en is trots om die jaar se begroting aan u voor te lê (kry toegang tot die 2021 begroting-sigblad vir meer gedetailleerde inligting): Read More