Posts by Retired Personnel

Oktober 2025 Lidmaatskapwerwing: Dankie vir jou Ondersteuning

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se Oktober Lidmaatskapwerwing is verby en ons is bly om te sê dat ons ‘n totaal van VS$288 692,28 ingesamel het. Ons is veral bly dat 7 339 van ons skenkers gekies het om lidmate te word, of deur hulle donasie hul OTW lidmaatskap te hernu. Dit het ons doelwit van 4 500 lede oorsky. Hierdie donasies kom vanaf 8 753 mense in 79 lande. Dankie aan elkeen van hulle, asook aan almal wat nuus oor die werwing gedeel het! Die OTW sou nie bestaan sonder sy gebruikers regoor die wêreld nie, en jul aanhoudende ondersteuning is ons trots!… Read more

2025 OTW Verkiesingstydlyn en Lidmaatskapsperdatum

Die OTW Verkiesingskomitee is bly om aan te kondig dat die tydlyn vir die 2025-verkiesing van nuwe lede vir die Raad van Direkteure geplaas is! Soos voorheen aangekondig, het Zixin Zhang uit die Raad bedank kort voor die einde van die termyn. Die volgende Direkteure verlaat vanjaar die Raad, siende dat hulle die einde van hul termyn bereik het: Jennifer Haynes Daar is 7 Direkteure op die OTW se Raad en vanjaar sal OTW-lede 2 nuwe Direkteure verkies om op die Raad te dien vir termyne van 3 jaar. Hierdie jaar se verkiesing sal op 15-18 Augustus gehou word. Dit beteken dat die sperdatum vir… Read more

Wat ons gaan doen vir #IFD2025

Daar is net ‘n paar dae oor tot 15 Februarie, wat beteken dat dit amper tyd is vir die 11de jaarlikse Internasionale Fanwerkedag (IFD)! Vir #IFD2025 het ons baie aktiwiteite beplan vir fans regoor die wêreld. Kyk sommer nou na die lys van aktiwiteite om uit te vind waaraan u kan deelneem! Feedback Fest (Terugvoerfees): Soos gewoonlik, hou ons ons jaarlikse terugvoerfees! Dit is u kans om ander mense te vertel van u gunsteling werke in u fandoms, fik dinamika, of dinge wat u glo die fandom-ekosisteem sterk beïnvloed het! Soek vir ons ​​Feedback Fest-bloginskrywing op 13 Februarie, en los dan kommentaar met 10 aanbevelings… Read more

OTW Verkiesingstatistiek vir 2024

Noudat die 2024-verkiesing verby is, is ons bly om ons kiesersdeelname-statistiek met u te deel! Vir die 2024-verkiesing het ons ‘n totaal van 14 959 stemgeregtigde kiesers gehad. Hiervan het 3 415 kiesers gestem, wat 22,8% van die moontlike kiesers verteenwoordig. Ons kiesersdeelname is laer as dié van laasjaar, wat ‘n deelname van 27,8% gehad het. Ons het ook ‘n afname in die aantal stemme gesien, van 4 247 na 3 415, wat ‘n afname van -19,6% verteenwoordig.

2024 OTW Raad Stemming Nou Oop!

Die verkiesing het geopen! Elke OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) lid wat tussen 1 Julie 2023 en 30 Junie 2024 aangesluit het behoort teen die tyd ‘n stembrief te hê. As u nie een ontvang het nie, gaan kyk asseblief eers in u strooipos leêrgids en kontak ons dan deur ons kontak vorm. Neem asseblief kennis dat u donasie kwitansie in Amerikaanse Oostelike Tyd gedateer sal wees, so as u donasie na 19:59 op 30 Junie 2024 op die kwitansie aangedui is, sal u nie geregtig wees om te stem nie. As u onseker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief… Read more