Posts by mango mochi

Oktober 2025 Lidmaatskapwerwing: Die Stelsels wat Julle Ondersteun

Die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bly groei en nuwe mylpale bereik. Vanjaar alleen het ons nege miljoen gebruikers, een miljoen Mandaryns-Chinese fanwerke en 15 miljoen fanwerke gevier. Het jy al ooit gewonder hoe ons agter die skerms by bly? Een van die plekke waar jul skenkings mees benut word is deur ons Sisteemkomitee, wat hard werk om die bedieners wat AO3 se databasis en soekstelsels aandryf, op te gradeer om tred te hou met die toenemende aantal gebruikers en aktiwiteit. Die Sisteemkomitee onderhou die infrastruktuur wat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se projekte ondersteun, sowel as interne stelsels…. Read more

2025 OTW Verkiesingstatistiek

Noudat die 2025-verkiesing verby is, is ons bly om ons kiesersdeelname-statistiek met julle te deel! Vir die 2025-verkiesing het ons ’n totaal van 15 138 stemgeregtigde kiesers gehad. Hiervan het 2 197 kiesers gestem, wat 14,5% van die moontlike kiesers verteenwoordig. Ons kiesersdeelname is laer as dié van laasjaar, wat ’n deelname van 22,8% gehad het. Ons het ook ’n afname in die aantal stemme gesien, van 3 415 na 2 197, wat ’n afname van 35,6% verteenwoordig.

2025 OTW Verkiesingsuitslae

Die Verkiesingskomitee wil graag al ons kandidate bedank vir hul harde werk in hierdie jaar se verkiesing. Ons bedank ook vir uitgaande Raadslede Jennifer Haynes en Zixin Hang vir hul werk gedurende hul termyne. Dit is dan ook ‘n voorreg om die resultate van die 2025 verkiesing bekend te maak. Die volgende kandidate (in alfabetiese volgorde) is amptelik verkies tot die Raad van Direkteure: Elizabeth Wiltshire Harlan Lieberman-Berg Die Raadsoordrag begin formeel op 1 Oktober. Ons wens die nuwe lede van die Raad sterkte toe met hul termyn. Hiermee kom die verkiesingseisoen dan tot ‘n einde. Dankie aan almal wat betrokke geraak het deur nuus… Read more

OTW Lede – Steminstruksies per E-pos

Teen hierdie tyd moes alle stemgeregtigde lede van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) ‘n e-pos ontvang het met ‘n skakel na die steminstruksies vir 2025. Die onderwerp was “Voting Instructions for Organization for Transformative Works (OTW) Board Election” (“Steminstruksies vir die Verkiesing van die Organisasie vir Transformerende Werke (OTW) se Raad”). Let daarop dat enigiemand wat nie hierdie e-pos ontvang het nie, vanjaar nie op die kieserslys is nie en dus nie ‘n stembrief sal ontvang nie. Die e-pos oor stem-inligting bevat ‘n skakel na ‘n toetsweergawe van die stembrief. Volg asseblief die skakel om seker te maak dat die bladsy korrek vertoon en… Read more

2025 OTW Verkiesings-kandidate Aankondiging

Kandidate Aankondiging Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) kondig graag die volgende kandidate vir die 2025 Verkiesing aan (in alfabetiese volgorde volgens voornaam): C. Ryan S. Elizabeth W. Harlan L.B. Omdat ons 2 setels om te vul en 3 kandidate het, sal die 2025 verkiesing bestry word – dit wil sê die lede van die OTW sal stem vir die kandidate wie die setels sal vul.