Posts in Announcement

Waarom AO3 nie ’n amptelike app het nie

Gebruikers vra dikwels dat ons ’n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie – AO3) mobiele app skep en wonder hoekom ons dit nie reeds gedoen het nie. Ons het dit al voorheen in die kollig geplaas en dit selfs in ons Algemene Vrae ingesluit, maar die vraag kom gereeld genoeg voor dat ons ’n opgedateerde verduideliking wou gee oor hoekom ons nie ’n app het nie – en hoekom ons nie beplan om een te maak nie. Derdeparty apps Daar is nie ’n amptelike AO3 app nie. As jy ’n app teëgekom het of gebruik wat soos AO3 lyk, is dit… Read more

2026 OTW Verkiesingstydlyn en Lidmaatskapsperdatum

Die OTW Verkiesingskomitee is bly om aan te kondig dat die tydlyn vir die 2026-verkiesing van nuwe lede vir die Raad van Direkteure geplaas is! Hierdie jaar se verkiesing sal op 14-17 Augustus gehou word. Dit beteken dat die sperdatum vir personeel om hul kandidaatskap te verklaar 19 Junie is. Soos gewoonlik is die verkiesing se lidmaadskapsperdatum 30 Junie. Indien jy belangstel daarin om te stem, maak asseblief seker dat jou lidmaatskap aktief is teen daardie datum. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys… Read more

AO3 sê totsiens vir oop beta!

Ons is opgewonde om aan te kondig dat AO3 oop beta verlaat! Ons koppelvlak het al heelwat verander van toe ons die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) se oop beta-uitgawe in 2009 aangekondig en bekendgestel het. By bekendstelling was daar net 347 AO3-rekeninge en 6 598 werke. Al het ons vinnig begin groei, was ons oorspronklik baie beperk in wat ons kon doen. Het jy geweet dat AO3-uitnodigings oorspronklik met die hand deur individuele AO3-vrywilligers uitgestuur is? Gedurende die aanvanklike periode van vinnige groei het ons net sowat 1 200 uitnodigings per dag uitgestuur en dit het toe afgeneem tot… Read more

2025 OTW Verkiesingstatistiek

Noudat die 2025-verkiesing verby is, is ons bly om ons kiesersdeelname-statistiek met julle te deel! Vir die 2025-verkiesing het ons ’n totaal van 15 138 stemgeregtigde kiesers gehad. Hiervan het 2 197 kiesers gestem, wat 14,5% van die moontlike kiesers verteenwoordig. Ons kiesersdeelname is laer as dié van laasjaar, wat ’n deelname van 22,8% gehad het. Ons het ook ’n afname in die aantal stemme gesien, van 3 415 na 2 197, wat ’n afname van 35,6% verteenwoordig.

2025 OTW Verkiesingsuitslae

Die Verkiesingskomitee wil graag al ons kandidate bedank vir hul harde werk in hierdie jaar se verkiesing. Ons bedank ook vir uitgaande Raadslede Jennifer Haynes en Zixin Hang vir hul werk gedurende hul termyne. Dit is dan ook ‘n voorreg om die resultate van die 2025 verkiesing bekend te maak. Die volgende kandidate (in alfabetiese volgorde) is amptelik verkies tot die Raad van Direkteure: Elizabeth Wiltshire Harlan Lieberman-Berg Die Raadsoordrag begin formeel op 1 Oktober. Ons wens die nuwe lede van die Raad sterkte toe met hul termyn. Hiermee kom die verkiesingseisoen dan tot ‘n einde. Dankie aan almal wat betrokke geraak het deur nuus… Read more