Oktober 2026 Lidmaatskapwerwing: Dankie vir jou Ondersteuning

Woorde in die styl van 'n werkbeskrywing lees

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se Oktober Lidmaatskapwerwing is verby en ons is bly om te deel dat ons altesaam VS$314 539,76 ingesamel het. Ons is veral bly dat 7 623 van ons skenkers gekies het om lidmate te word, of deur hulle donasie hul OTW lidmaatskap hernu het. Dit het ons teiken van 5 000 oorskry.

Hierdie donasies kom vanaf 9 131 mense in 86 lande. Dankie aan elkeen van hulle, asook aan almal wat nuus oor die werwing gedeel het! Die OTW sou nie bestaan sonder sy gebruikers regoor die wêreld nie, en jul aanhoudende ondersteuning is ons trots! Ons is bly dat ons voortdurende missie om die geskiedenis van fanwerke en fankultuur te ondersteun, beskerm en toegangklik te maak steeds aanklank vind by die mense wie vir ons mees belangrik is: die fans self.

As jy beplan het om te skenk of aan te sluit as ‘n lidmaat en dit nog nie gedoen het nie, moenie bekommerd wees nie! Die OTW aanvaar heel jaar donasies en jy kan enige tyd kies om ‘n lidmaat te word met ‘n donasie van VS$10 of meer. Lidmaatskap duur vir een kalenderjaar vanaf die datum van die donasie, so as jy nou skenk sal jy kan stem in die 2027 OTW Raadsverkiesing, wat volgende jaar in Augustus plaasvind. Ons eksklusiewe bedankingsgeskenke is beskikbaar wanneer ook al jy skenk!

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Event

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui