Posts by Elintiriel
Waarom AO3 nie ’n amptelike app het nie
Gebruikers vra dikwels dat ons ’n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie – AO3) mobiele app skep en wonder hoekom ons dit nie reeds gedoen het nie. Ons het dit al voorheen in die kollig geplaas en dit selfs in ons Algemene Vrae ingesluit, maar die vraag kom gereeld genoeg voor dat ons ’n opgedateerde verduideliking wou gee oor hoekom ons nie ’n app het nie – en hoekom ons nie beplan om een te maak nie. Derdeparty apps Daar is nie ’n amptelike AO3 app nie. As jy ’n app teëgekom het of gebruik wat soos AO3 lyk, is dit… Read more
AO3 sê totsiens vir oop beta!
Ons is opgewonde om aan te kondig dat AO3 oop beta verlaat! Ons koppelvlak het al heelwat verander van toe ons die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) se oop beta-uitgawe in 2009 aangekondig en bekendgestel het. By bekendstelling was daar net 347 AO3-rekeninge en 6 598 werke. Al het ons vinnig begin groei, was ons oorspronklik baie beperk in wat ons kon doen. Het jy geweet dat AO3-uitnodigings oorspronklik met die hand deur individuele AO3-vrywilligers uitgestuur is? Gedurende die aanvanklike periode van vinnige groei het ons net sowat 1 200 uitnodigings per dag uitgestuur en dit het toe afgeneem tot… Read more