Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is in komitees gestruktureer, wat almal uit vrywilligers bestaan. Elke komitee het ‘n spesifieke fokus, maar hulle werk saam om verskillende OTW-projekte te ondersteun en dra almal by tot die sukses van die organisasie. As jy belangstel om jou tyd te gee om die OTW te ondersteun, raadpleeg ons vrywilligers-geleenthede-bladsy om te sien of daar ‘n beskikbare pos is wat ooreenstem met jou vaardighede en belangstellings. Die OTW-komitees is:
Toeganklikheid, Ontwerp en Tegnologie Komitee
Medevoorsitters: Brian Austin & sarken
Koördineer die ontwerp en ontwikkeling van sagteware namens die OTW. Die hoofprojek waarmee die komitee tans besig is is die skep van ‘n oopbronsagteware-pakket, OTW-Argief, om die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te bou en te ondersteun.
AO3 Dokumentasie Komitee
Medevoorsitters: Claire P. Baker, Fiona M & telescopicpoems
Die AO3 Dokumentasie Komitee se doel is om volledige en opgedateerde gebruikersgerigte en interne dokumentasie vir die AO3 te skep en in stand te hou. Dit sluit in, maar is nie beperk tot, algemene vrae, handleidings, skermgooie en ander AO3-verwante dokumentasie.
Raadsassistente-komitee
Voorsitter: therealmorticia
Help die OTW se Raad van Direkteure met administratiewe take en projekbestuur sodat die Raad kritieke sake kan prioritiseer en meer effektief kan werk.
Kommunikasie Komitee
Voorsitter: choux
Hanteer nuusbriewe, bloginskrywings, mediakontakte, sosiale media rekeninge en ander take wat verband hou met die bevordering van ons verskillende projekte. Bestuur ook ‘n interne nuusbrief en merk die organisasie se gebeure en mylpale aan.
Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee
Medevoorsitters: Amy2 & Nrandom
Hanteer fondsinsameling en lidmaatskapgroei vir die organisasie. Onderhou ook ons veilige databasis van lid- en skenkerinligting en verseker dat elke lid in staat is om in OTW-verkiesings te stem.
Verkiesingskomitee
Medevoorsitters: disjointed & Marion McGowan
Die Verkiesingskomitee reël die jaarlikse verkiesing vir lede van die OTW se Raad van Direkteure. Hierdie verkiesing, waarin mense wie betaal het om lede van die OTW te wees mag stem, vind elke jaar in Augustus plaas. Die Verkiesingskomitee is verantwoordelik vir alle aspekte van die verkiesingsproses, van begin tot einde. Dit sluit in die voorbereiding van kandidate, die tegniese aspekte van die verkiesing, om seker te maak dat die hele proses ons verordeninge volg en die bestuur van die kandidaatstydperk (wanneer kandidate aan lede voorgestel word en vrae gevra word).
Fanlore Komitee
Medevoorsitters: Becca Bun, Jules Moon & Noah A
Onderhou die Fanlore-wiki. Dit sluit die ondersteuning van Fanlore se wiki-redakteurs in, asook die vestiging van ‘n buigsame infrastruktuur om die wiki-inhoud te definieer en te organiseer.
Finansiekomitee
Voorsitter: Yuechiang Luo
Dit is die Finansiekomitee se verantwoordelikheid om die OTW se boeke te hou, betalings te doen en op te volg, saam met die Raad van Direkteure te werk om die begroting op te stel en op te dateer, om akkurate en insiggewende finansiële state op te stel en beskikbaar te maak en om te verseker dat die OTW aan al sy belasting-vereistes voldoen.
Regskomitee
Medevoorsitters: Betsy Rosenblatt, Rebecca Tushnet & Stacey Lantagne
Voer die OTW se Legal Advocacy (Regsvoorspraak) aktiwiteite uit, gee die Raad van Direkteure en verskillende komitees raad oor regssake, en skakel met ander regsvoorspraakgroepe en regsverteenwoordigers. Bestaan meestal uit regslui.
Oop Deure Komitee
Voorsitter: Eskici
Open Doors (Oop Deure) werk om alle fanwerke te preserveer wat die gevaar loop om verlore te gaan.
Beleidsmisbruik-komitee
Medevoorsitters: Flerken & wichard
Beantwoord vrae en verslae oor oortredings van die AO3 se Diensvoorwaardes.
Strategiese Beplanningskomitee
Medevoorsitters: natalieee5 & Dan-i
Gaan elke 1-3 jaar die strategiese plan vir die OTW na en hersien dit.
Ondersteuningskomitee
Medevoorsitters: Kyrie & Paula
Hanteer kommunikasie tussen gebruikers en die verskillende spanne wat by die AO3 betrokke is. Die Ondersteuningskomitee help om tegniese probleme wat gebruikers ervaar op te los en gee terugvoer van gebruikers deur na die toepaslike komitees.
Sisteemkomitee
Voorsitter: Frost The Fox
Bestuur bedieners en infrastruktuur vir die OTW en sy projekte.
Etiket Organisasie Komitee
Medevoorsitters: brhi, Dre & Qem
Sorteer en organiseer etikette op die AO3 volgens die AO3 se Etiket Organisering-riglyne, wat verwante etikette aan mekaar koppel vir beter filtreer en soek funksies, terwyl gebruikers hul werke kan merk soos hulle verkies.
Vertalingskomitee
Medevoorsitters: Ioana & Natalia Gruber
Koördineer vrywillige vertalers en skakel met ander komitees om hul projekte en dokumente in soveel tale as moontlik beskikbaar te stel.
TWC
Medevoorsitters: Bridget Kies & Kristina Busse
Administreer die Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur), ‘n internasionale portuurbeoordeelde akademiese aanlynjoernaal in die veld van mediastudies wat twee keer per jaar publiseer word. Dit behels die administrasie van TWC se oopbron joernaalsagteware (OJS), die oorweging van voorleggings, samewerking met skrywers en werk met inhoud soos nodig. Hulle voer ook dokumente deur OJS vir portuurbeoordeling, hersiening, teksredaksie en uitleg.
Gebruiker-kommunikasie Vertalingskomitee
Medevoorsitters: Qiao Chu & taki
Spreek die vertalings behoeftes van die Beleidsmisbruik- en Ondersteunings-komitees aan in tale waarvoor daar ‘n hoë behoefte is.
Vrywilligers en Werwingskomitee
Medevoorsitters: Alison Watson & Eevee
Werf en bestuur vrywilligers en personeellede vir alle komitees en projekte, voorsien hulle met ‘n verskeidenheid hulpmiddels en hou ‘n oog op hul diens. Die Vrywilligers en Werwingskomitee handhaaf ook ‘n groot databasis van vrywilliger-rekords, bestuur personeelwerwings en skep interne verwysingsmateriaal en dokumentasie vir OTW-projekte en komitees. Dit bevorder interne deursigtigheid en kontinuïteit deur die opbou en instandhouding van ‘n gesonde kennisbasis.