Posts by Rhine
Versamelingsetikette en die Verbetering van Versamelingsfilters
Ons het sopas kode verfris wat dit makliker sal maak om deur die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie – AO3) se versamelings te blaai en filters toe te pas! Benewens ’n paar agterstallige prestasieverbeterings, laat hierdie bywerking ons ook toe om collection tags (versamelingsetikette) bekend te stel – ’n nuwe manier om versamelings te vind wat die fandoms, verhoudings, tropes en ander onderwerpe waarvan jy hou, bevat. Hoe werk versamelingsetikette? Versameling-eienaars kan nou tot 10 etikette van enige tipe gebruik (Wat is die verskillende tipes etikette?) om hul versameling te beskryf. Die etikette word op die versameling se beskrywing gelys,… Read more
2025 OTW Raad Stemming Nou Oop!
Die verkiesing het geopen! Elke OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) lid wat tussen 1 Julie 2024 en 30 Junie 2025 aangesluit het behoort teen die tyd ‘n stembrief te hê. As jy nie een ontvang het nie, gaan kyk asseblief eers in jou strooipos leêrgids en kontak ons dan deur ons kontak vorm. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys word nie. As jy onseker is of jou donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontak vorm… Read more
Internasionale Fanwerkdag 2025 Is Op Pad!
Maak gereed vir Internasionale Fanwerkdag! Op 15 Februarie gaan ons weereens bymekaarkom van alle uithoeke van fandom vir die 11de Internasionale Fanwerkdag viering. Internasionale Fanwerkdag is geskep in 2014 ter ere van die miljoenste fanwerk op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) om alle vorme van fanwerk – fik, kuns, podfik, fantydskrifte en meer – te herken en te vier as onmisbare dele van fandom. Hierdie jaar se Internasionale Fanwerkdag tema, Fan Gemeenskappe en Ekostelses, vereer hierdie idee van diversiteit in fandom en brei daarop uit: daar is nie net talle soorte fanwerke nie, daar is ook talle maniere waarop… Read more
Kunsmatige Intelligensie en Data Skraping op AO3
Met die vermenigvuldiging van Kunsmatige Intelligensie-hulpmiddels die afgelope paar maande, het baie fans hul bekommernis uitgespreek rakende data skraping en werke wat deur kunsmatige intelligensie genereer is, en hoe hierdie ontwikkelinge die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) affekteer. Ons deel u bekommernis en wil dus graag vir u laat weet wat ons besig is om te doen om data skraping te beveg en wat ons huidige beleid oor die onderwerp van kunsmatige intelligensie is. Data skraping en AO3 fanwerke Ons het sekere tegniese maatreëls ingestel om grootskaalse data skraping op AO3 te beperk, soos byvoorbeeld om die aantal versoeke wat… Read more
Internasionale Fanwerkdag Terugvoerfees 2023
Welkom by 2023 se Internasionale Fanwerkdag Terugvoerfees! Met meer as 200 000 werke op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) en ontelbare geleenthede om kreatief te raak met ons gunsteling karakters en hul omgewing, is Oorkruisings en Fandom Samesmeltings sommige van die AO3 se mees gewilde tropes. Ons het in Januarie aangekondig dat die tema van vanjaar se Internasionale Fanwerkdag Wanneer Fanwerke Bots is, en ons het u genooi om aanbevelingslyste van u gunsteling oorkruisings en fandom samesmeltings voor te berei. Vandag is ons opgewonde om te sien waarmee u vorendag gekom het! Om deel te neem, lewer komentaar hieronder… Read more