
Welkom by 2023 se Internasionale Fanwerkdag Terugvoerfees!
Met meer as 200 000 werke op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) en ontelbare geleenthede om kreatief te raak met ons gunsteling karakters en hul omgewing, is Oorkruisings en Fandom Samesmeltings sommige van die AO3 se mees gewilde tropes. Ons het in Januarie aangekondig dat die tema van vanjaar se Internasionale Fanwerkdag Wanneer Fanwerke Bots is, en ons het u genooi om aanbevelingslyste van u gunsteling oorkruisings en fandom samesmeltings voor te berei. Vandag is ons opgewonde om te sien waarmee u vorendag gekom het!
Om deel te neem, lewer komentaar hieronder en deel met almal hoekom u daardie spesifieke oorkruisings en fandom samesmeltings aanbeveel het. Het hul oorspronklikheid u beïndruk? Het hulle u aan kreatiewe nuwe ships uit oorkruisende fandoms voorgestel? Of het hulle u geleer om u gunsteling karakters in ’n heel nuwe lig te sien?
Wanneer u kommentaar laat, moenie vergeet om skakels na u aanbevelings te los nie! As u verkies, kan u ook na ’n aanbeveling-bloginskrywing wat u op sosiale media gemaak het skakel, met die hutsmerk #IFD2023 of #IFDChallenge2023.
Natuurlik gaan Internasionale Fanwerkdag nie net oor die viering van fanwerke nie: dit gaan ook oor die viering van hul skeppers! As u u waardering aan hulle wil wys, kan u kudos, boekmerke of kommentaar laat op die fanwerke wat u deel—of op enige nuwe gunstelinge wat u uit ander se aanbevelings ontdek.
Geniet die aanbevelings proses!
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ’n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.