Posts by Rhine

Wat Ons Doen vir Internasionale Fanwerkdag

Die negende jaarlikse Internasionale Fanwerkdag kom vinnig nader, en die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) het ’n aantal aktiwiteite wat voorlê om dit te vier! Kyk na die lys hieronder om uit te vind wat ons gaan doen en hoe u betrokke kan raak. 1. Fanwerk Uitdaging Verlede maand het ons u uitgenooi om deel te neem aan ons fanwerkuitdaging met die tema Wanneer Fandoms Bots deur oorkruisings en fandom samemeltings te skep. U kan deelneem deur fik, kuns, fanvids, headcanons en meer te skep Merk u werke met die #IFD2023 of #IFDChallenge2023 hutsmerk op sosiale media, of gebruik die Internationale Fanwerkdag 2023 etiket op… Read more

Dit is amper Internasionale Fanwerkdag 2023

Teken die datum aan: dit is amper Internasionale Fanwerkdag! Internasionale Fanwerkdag word gevier op 15 Februarie en is geskep deur die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) in 2014 ter ere van die miljoenste fanwerk wat op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gepubliseer is. Dit is ’n erkenning van fanwerke in al hulle forme—fiks, kuns, fanvids, fantydskrifte, en meer—en hoe indrukwekkend en belangrik hulle is vir fans regoor die wêreld. Hierdie jaar sal die OTW die negende jaarlikse Internasionale Fanwerkdag vier. Ons tema vir die jaar is “Wanneer Fandoms Bots”. Het u al ooit gewonder wat sou gebeur as Sam… Read more

November 2022 Nuusbrief, Volume 173

I. OOP DEURE INVOERE In November het Open Doors (Oop Deure) die invoer van By Your Command, ’n Battlestar Galactica argief, en The Pony Fiction Archive, ’n My Little Pony: Friendship is Magic fanfiksie argief voltooi. Dit het ook die komende invoer van Slashknot, ’n Slipknot (musiekgroep) LiveJournal gemeenskap, en The LeBeau Library, ’n X-Men fanfiksie argief aangekondig. Bly ingeskakel aan die begin van 2023 vir ’n opsomming van al die invoere wat Oop Deure gedurende die afgelope kalenderjaar voltooi het! II. BY DIE ARCHIVE OF OUR OWN – AO3 (ARGIEF VAN ONS EIE) Die Toeganklikheid, Ontwerp en Tegnologie Komitee het vrystellingsnotas geplaas oor vier… Read more

Augustus 2022 Nuusbrief, Volume 170

I. VERANDERINGE AAN FAN CULTURE PRESERVATION PROJECT (Fankultuur Bewaringsprojek) In Augustus het Open Doors (Oop Deure) twee verwikkelinge by hul Fankultuur Bewaringsprojek—wat poog om fisiese fanwerke soos fantydskrifte te bewaar— aangekondig. Alhoewel hul vennootskap met die Universiteit van Iowa voortgaan, het Oop Deure nou verskeie bykomende vennote bygevoeg as deel van ‘n hersiening van hul webwerf. Dit lys nou die kontakinligting vir verskeie instellings aan wie individue hul fannish-memorabilia kan skenk. Oop Deure het ook ‘n nuwe subprojek aangekondig, die AO3 Fanzine Scan Hosting Project (AO3 Toeganklikheids Projek vir Geskandeerde Fantydskrifte), wat met die toestemming van skeppers en/of fantydskrif-uitgewers geskandeerde of getranskribeerde fantydskrifte na die… Read more