Augustus 2022 Nuusbrief, Volume 170

I. VERANDERINGE AAN FAN CULTURE PRESERVATION PROJECT (Fankultuur Bewaringsprojek)

In Augustus het Open Doors (Oop Deure) twee verwikkelinge by hul Fankultuur Bewaringsprojek—wat poog om fisiese fanwerke soos fantydskrifte te bewaar— aangekondig. Alhoewel hul vennootskap met die Universiteit van Iowa voortgaan, het Oop Deure nou verskeie bykomende vennote bygevoeg as deel van ‘n hersiening van hul webwerf. Dit lys nou die kontakinligting vir verskeie instellings aan wie individue hul fannish-memorabilia kan skenk. Oop Deure het ook ‘n nuwe subprojek aangekondig, die AO3 Fanzine Scan Hosting Project (AO3 Toeganklikheids Projek vir Geskandeerde Fantydskrifte), wat met die toestemming van skeppers en/of fantydskrif-uitgewers geskandeerde of getranskribeerde fantydskrifte na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) sal invoer.

Vir meer inligting oor die verwikkelinge, verwys na die aankondiging.

II. BY DIE AO3

Benewens die hersiening van die Fankultuur Bewaringsprojek, het Oop Deure die invoer aangekondig van All About Spike, ‘n Buffy the Vampire Slayer en Angel the Series argief vir fanfiksie en opstelle wat op die karakter Spike fokus. Dit het ook die invoer voltooi van Weaver of Dreams (‘n fanfiksie-argief gefokus op die akteur Oded Fehr en die karakters wat hy gespeel het) en Animators Inc. (fanfiksie in Italiaans wat in die Anita Blake: Vampire Hunter heelal afspeel).

Die Toeganklikheid, Ontwerp en Tegnologie Komitee het aan die einde van Julie en die grootste deel van Augustus vrystelling 0.9.323 getoets en kode vir toekomstige vrystellings hersien. Die komitee het ook sy jongste vrystellingnotas vrygelaat wat die werk uiteensit wat dit van April tot vroeg in Julie gedoen het. Intussen het die AO3 Dokumentasie-komitee
sy opgedateerde Aflaai Algemene Vrae gelaai en ‘n paar ander klein veranderinge gemaak aan die AO3 Algemene Vrae.

Augustus was ‘n besige maand vir die Etiket Organisasie Komitee, wat Oop Deure bygestaan het met verskeie etiket-projekte en ook werwing vir nuwe vrywilligers geopen het, wat verwelkom word namate die argief aanhou groei. In Julie is meer as 430 000 etikette oor meer as 51 000 fandoms georganiseer – byna ‘n duisend etikette per wrangler!

III. ELDERS BY DIE OTW (Organisasie vir Transformerende Werke)

Die Kommunikasie komitee het die grootste deel van Augustus gewerk daaraan om voorbereiding vir die OTW se 15de herdenking te finaliseer. Sien die aankondiging vir meer besonderhede oor die vieringe, wat nou aan die gang is! Die feesvieringe sluit in ‘n skattejag wat op die OTW se Twitter-rekening gehou sal word, ‘n fanwerke-uitdaging (met die hutsteken #OTW15 op sosiale media en OTW15 | OTW 15th Anniversary Fanwork Challenge op AO3), en komende onderhoude wat op AO3 Nuus en die OTW-webwerf geplaas sal word. (Neem asseblief kennis dat sommige van hierdie geleenthede slegs in Engels sal plaasvind.) Fanlore se Stub September-uitdaging, wat vanjaar 12-25 September plaasvind, het ‘n herdenkingpartytjie-tema ter ere van die geleentheid.

In Augustus het die Regskomitee gereageer op persnavrae oor nuwe Amerikaanse litigasie oor The Unofficial Bridgerton Musical en oor voortgesette litigasie oor kopiereg billike gebruik wat binnekort in die Amerikaanse Hooggeregshof aangehoor sal word. Rebecca Tushnet en Betsy Rosenblatt was beide sprekers by ‘n webinar oor fanwerke en billike gebruik wet wat deur Library Futures aangebied is. Die Regskomitee het ook op verskeie gebruikersnavrae oor kopiereg en fanwerke gereageer, interne regsontleding gedoen rakende sommige onlangse regsverwikkelinge regoor die wêreld, en die oorhand gekry in ‘n Wêreldorganisasie vir Intellektuele Eiendom (WIPO) domeinnaamgeskil teen ‘n webwerf wat die AO3 verwarrend naboots.

Die Sisteemkomitee het voortgegaan om saam met sy datasentrum-mense te werk aan sommige hardewarevervangings, met Fanlore op sy MediaWiki-opgradering, en met die Vrywilligers en Werwingskomitee aan die oorskakeling van OTW-komitees na ‘n nuwe projekbestuurplatform. Die Sisteemkomitee het ook die eerste stappe gevat om AO3 se sekuriteitsertifikaat oor te skakel.

IV. BESTUUR

Augustus was die besigste maand van die jaar vir die Verkiesingskomitee, wat sy jaarlikse Raad van Direkteure-verkiesing gehou het (12-15 Augustus). Voor die verkiesing het die Vertalingskomitee alle kandidate se biografieë en platforms in ‘n yslike 30 tale vertaal. Intussen, tydens die verkiesing, het die Verkiesingskomitee honderde opmerkings op sy webwerf gemodereer en op ongeveer 600 lidmaatskapnavrae gereageer met hulp van die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee, wat die lidmaatskapstatus van baie van die mense wat uitgereik het, ondersoek het. Die Verkiesingskomitee gaan voort om op nie-noodsaaklike navrae te reageer terwyl hulle nuwe hulpmiddels ondersoek om hulself voor te berei om in die toekoms op ‘n groot aantal versoeke te reageer.

Heather McGuire en Natalia Gruber is verkies om die uittredende direkteure Rebecca Sentance en Kirsten Wright te vervang, terwyl Michelle Schroeder verkies is om die oorblywende twee jaar van die termyn vir E. Anna Szegedi, wie uit die rol getree het, te voltooi. Die Verkiesingskomitee en Raad van Direkteure bedank graag alle uittredende direkteure vir hul diens, almal wat gestaan het wat ‘n betwiste verkiesing moontlik gemaak het, en alle gebruikers wat steeds wag vir antwoorde op hul navrae vir hul geduld!

Die Verkiesingskomitee het ook sy 2022 verkiesingstatistieke vrygestel. Enkele hoogtepunte: 39,3% van alle stemgeregtigde kiesers het ‘n stembrief uitgebring, met ‘n 98,4% toename in die aantal stembriewe in vergelyking met 2021.

Laastens het die Strategiese Beplanningskomitee die OTW Visieverklaring 2022-2025 aan die begin van die maand vrygestel.

V. DIS ALS OOR ONS MENSE

Van 25 Julie tot 25 Augustus het die Vrywilligers en Werwingskomitee 47 nuwe versoeke ontvang en 51 voltooi, wat ons met 18 oop versoeke gelaat het (insluitend induksie- en verwyderingstake wat hieronder gelys word).

Vanaf 25 Augustus 2022 het die OTW 918 vrywilligers. \o/ Onlangse personeelbewegings word hieronder gelys.

Nuwe Oop Deure Vrywilligers: cinnamonandtea, Emily Cohen (beide Invoerassistente) en nog 1 Invoerassistent
Nuwe Vertaling Vrywilligers: 1 Vertaler

Uitgaande AO3 Dokumentasie Vrywilligers: Srosh Hassan (Redakteur)
Uitgaande Oop Deure Vrywilligers: antonomasia09 (Invoerassistent)
Uitgaande Beleidsmisbruik Vrywilligers: Muse en 6 ander Beleidsmisbruik Vrywilligers
Uitgaande Sisteemkomitee Vrywilligers: Rachel Bussert (Projek Bestuurder)
Uitgaande Wrangler Vrywilligers: byeke, Emily Fowl, Moontyger, Tay en 21 ander Etiket Organisasie Vrywilligers
Uitgaande Vertaling Vrywilligers: Beste Karataş, blondreader, Farah MA, Sho, Wermea (almal Vertalers) en 1 ander Vertaler; 1 Vrywilliger Bestuurder

Vir meer inligting oor die bevoegdhede van ons komitees, verwys asseblief na die komiteelys op ons webwerf.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Newsletter

Comments are closed.