
Teken die datum aan: dit is amper Internasionale Fanwerkdag!
Internasionale Fanwerkdag word gevier op 15 Februarie en is geskep deur die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) in 2014 ter ere van die miljoenste fanwerk wat op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gepubliseer is. Dit is ’n erkenning van fanwerke in al hulle forme—fiks, kuns, fanvids, fantydskrifte, en meer—en hoe indrukwekkend en belangrik hulle is vir fans regoor die wêreld.
Hierdie jaar sal die OTW die negende jaarlikse Internasionale Fanwerkdag vier. Ons tema vir die jaar is “Wanneer Fandoms Bots”. Het u al ooit gewonder wat sou gebeur as Sam en Dean Winchester koppe stamp met L van Death Note tydens hul speurwerk? Of as Katsuki Yuuri en Viktor Nikiforov in ’n Our Flag Means Death-styl seerower alternatiewe heelal was? Dit is nou u geleentheid om u wildste fandom oorkruisings te skryf, teken of filk!
U kan deelneem hoe u ook al wil, maar hier is ’n paar voorstelle:
- Skep aanbeveling-lyste van u gunsteling oorkruisings wat u kan deel as deel van ons Terugvoerfees wat 12 Februarie begin
- Plaas u eie oorkruising fanwerke op AO3 met ons Internasionale Fanwerkdag 2023 etiket
- Deel oorkruising headcanons op sosiale media met die hutsmerk #IFD2023 of #IFDChallenge2023
Volg OTW nuus op sosiale media om binne ’n paar weke uit te vind wat ons doen om Internasionale Fanwerkdag 2023 te vier. As u of u fandom gemeenskappe u eie aktiwiteite beplan, laat ons weet sodat ons die boodskap kan help versprei!
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.