Posts in Accessibility

Versamelingsetikette en die Verbetering van Versamelingsfilters

Ons het sopas kode verfris wat dit makliker sal maak om deur die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie – AO3) se versamelings te blaai en filters toe te pas! Benewens ’n paar agterstallige prestasieverbeterings, laat hierdie bywerking ons ook toe om collection tags (versamelingsetikette) bekend te stel – ’n nuwe manier om versamelings te vind wat die fandoms, verhoudings, tropes en ander onderwerpe waarvan jy hou, bevat. Hoe werk versamelingsetikette? Versameling-eienaars kan nou tot 10 etikette van enige tipe gebruik (Wat is die verskillende tipes etikette?) om hul versameling te beskryf. Die etikette word op die versameling se beskrywing gelys,… Read more