Kunsmatige Intelligensie en Data Skraping op AO3

Met die vermenigvuldiging van Kunsmatige Intelligensie-hulpmiddels die afgelope paar maande, het baie fans hul bekommernis uitgespreek rakende data skraping en werke wat deur kunsmatige intelligensie genereer is, en hoe hierdie ontwikkelinge die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) affekteer. Ons deel u bekommernis en wil dus graag vir u laat weet wat ons besig is om te doen om data skraping te beveg en wat ons huidige beleid oor die onderwerp van kunsmatige intelligensie is.

Data skraping en AO3 fanwerke

Ons het sekere tegniese maatreëls ingestel om grootskaalse data skraping op AO3 te beperk, soos byvoorbeeld om die aantal versoeke wat deur skrapers in ’n spesifieke tydperk gemaak kan word te beperk, en ons monitor konstant ons webverkeer vir tekens van data versameling misbruik. Ons maak nie uitsonderings vir navorsers of diegene wat datastelle wil skep nie. Ons het egter nie ’n beleid teen verantwoordelike data versameling nie — soos die wat deur akademiese navorsers uitgevoer word, of deur fans wat rugsteun kopieë maak op Wayback Machine of Google se soekindeksering. Om stelsels in plek te sit wat poog om alle skraping te blok sal moeilik of onmoontlik wees sonder om ook wettige gebruike van die webtuiste te blok.

Tog is dit ongelukkig ’n realiteit dat enigiets wat openbaar beskikbaar is aanlyn gebruik kan word vir redes anders as sy oorspronklike bedoelde gebruik. In baie gevalle maak data versameling vir kunsmatige intelligensie doeleindes staat op dieselfde tegnieke as die bogenoemde wettige gebruike.

Sodra ons bewus geraak het dat data van AO3 ingesluit was in die Common Crawl datastel — wat gebruik word om kunsmatige intelligensie soos ChatGPT op te lei — het ons kode in plek gesit in Desember 2022 wat versoek dat Common Crawl nie AO3 weer skraap nie.

Ons kan nie teruggaan in tyd om data versameling te stop wat reeds plaasgevind het, of AO3 as inhoud van bestaande datastelle te verwyder nie, hoe min ons ookal daarvan hou dat dit gebeur het. Al wat ons kan doen is probeer om sulke versameling in die toekoms te verminder. Die AO3 se Ontwikkeling span sal aanhou om op die uitkyk te wees vir individuele skrapers wat AO3 data versamel, en om op te tree soos nodig.

So ook het ons regskomitee die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se missie uitgevoer — en sal hulle aanhou — om fanwerke te beskerm van wettige uitdaging en kommersiële uitbuiting. Dit sluit die standpunt in dat gebruikers toegelaat moet word om te kies dat hul werke nie in kunsmatige intelligensie opleidingsdatastelle inkorporeer word nie, ’n standpunt wat die regskomitee aan die Verenigde State se Kopieregkantoor voorgelê het. Hulle sal ook aanhoudend byhou met hierdie ontwikkelende veld.

Wat kan ek doen om data skraping te vermy?

U mag dalk wil kies om u werke tot slegs AO3 gebruikers te beperk. Alhoewel dit nie alle potensiale skrapers sal blok nie, behoort dit ’n mate van beskerming teen grootskaalse skraping te verskaf.

Werke wat deur kunsmatige intelligensie genereer is en AO3 beleid

Op die oomblik is daar niks in ons Diensvoorwaardes wat verbied dat fanwerke wat ten volle of gedeeltelik deur kunsmatige intelligense genereer is geplaas word op die AO3 nie, solank hulle andersins kwalifiseer as fanwerke.

Ons doelwitte as organisasie sluit maksimum inklusiwiteit van fanwerke in. Dit beteken nie net die beste of gewildste fanwerke nie, maar al die fanwerke wat ons kan preserveer. As fans kunsmatige intelligensie gebruik om fanwerke te genereer is ons huidige standpunt dat dit ook ’n soort werk is wat binne ons mandaat is om te preserveer.

Afhangende van die omstandighede kan werke wat deur kunsmatige intelligensie genereer is ons anti-strooipos beleid oortree (byvoorbeeld as ’n skepper ’n aansienlike hoeveelheid werke plaas binne ’n kort tyd). As u onseker is of ’n werk ons Diensvoorwaardes oortree, kan u dit altyd aan ons Beleidsmisbruik span rapporteer deur die skakel onderaan die bladsy te gebruik en hulle kan dan ondersoek instel.

Hierdie verklaring reflekteer die AO3 se beleid ten tyd van skrywe, sedert ons deursigtig met ons gebruikers wou wees oor ons huidige standpunt en wat gedoen kan word — en wat wel gedoen word — om skraping vir kunsmatige intelligensie datastelle in te perk. Hierdie beleide word egter ook intern onder AO3 vrywilligers bespreek. As ons saamstem oor veranderinge daaraan in die toekoms sal dit openbaar aangekondig word; daarby, as daar enige voorgestelde veranderinge aan die AO3 Diensvoorwaardes is, sal hulle beskikbaar gemaak word vir openbare kommentaar, soos vereis word van enige en alle veranderinge aan ons Diensvoorwaardes.

Ons hoop dat dit help om dinge meer duidelik te maak — hierdie is ’n ingewikkelde twispunt en ons doen ons bes om dit aan te spreek op ’n manier wat nie die AO3 se beginsels van maksimum fanwerk inklusiwiteit vir wettige gebruikers van die webtuiste in gevaar stel nie. Soos besprekings en benaderings ontwikkel sal ons ons gebruikers ingelig hou.

Announcement, Archive of Our Own

Comments are closed.