Word ’n Lid van die OTW en Stem in die 2023 Verkiesing!

Dit is amper verkiesing tyd! Om ’n lid van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) te wees beteken dat u kan stem vir OTW se Raad van Direkteure. Dit affekteer hoe projekte soos die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), Fanlore, en Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur) nou en in die toekoms bestuur word. Hierdie jaar sal ons verkiesing vir die Raad van Direkteure vanaf 11 Augustus tot 14 Augustus gehou word. (Verkry toegang tot die volledige Verkiesingstydlyn vir 2023).

Om te stem, moet u ’n lid van die OTW wees teen middernag UTC op 30 Junie 2023 (Hoe laat is dit vir my?).

Neem asseblief kennis dat u skenking kwitansie in Oos-Amerikaanse Tyd gedateer sal wees, dus as u skenking na 19:59 op 30 Junie 2023 op die kwitansie gelys word, sal u nie geregtig wees om te stem nie.
Dit beteken dat u ’n donasie van VS$10 of meer tussen 1 Julie 2022 en 30 Junie 2023 moes gemaak het EN gekies het om ’n lid te word toe u geskenk het. Om ’n lid te word, moet u “Yes” (Ja) kies as die antwoord op die vraag “Do you want to be an OTW member? ($10 minimum donation)” (Wil u ’n OTW lid wees? (VS$10 minimum donasie)) op die skenkingsvorm. As u onseker is of dit geld vir ’n donsasie wat u gemaak het, tree asseblief met ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee in verbinding.

As u deelneem aan hierdie kiesersregistrasiewerwing, sal u ’n spesiaal-ontwerpte ikoon ontvang wat slegs tydens hierdie werwing beskikbaar is. Dankie vir u ondersteuning vir die OTW! Registreer om te stem en skenk vandag!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Event

Comments are closed.