Wat Ons Doen vir #IFD2022

Dit is nog net ‘n week tot die agtste Internasionale Fanwerkdag (verkort na “IFD”, die Engelse akroniem) en ons by die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) het baie vir u om na uit te sien! Kyk gerus na die geleenthede hieronder en neem deel aan die pret.

1. Fanwerke Uitdaging

Ons tema vir hierdie jaar se IFD is ‘Klassieke Fanwerke’ en in ‘n nuusberig wat verlede maand geplaas is, het ons u uitgenooi om deel te neem deur fanwerke te skep wat speel met, remix of andersins hulde bring aan werke wat u as klassieke werke in u gunsteling fandom beskou. U kon selfs skryf oor wat u gunsteling werke vir u beteken! Ons nooi u uit om u skeppings met ons te deel deur die hutsmerke #IFD2022 of #IFDChallenge2022 op sosiale media te gebruik, of ‘International Fanworks Day 2022’ as die werke op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geplaas word. Daar is nog oorgenoeg tyd om deel te neem en ons wil graag sien wat u skep!

2. Terugvoer Fees

Op 13 Februarie sal ons ‘n berig plaas wat u nooi om aanbevelings van u gunsteling klassieke fanwerke te deel. Begin solank dink en wees voorbereid met aanbevelings om met u mede-fans te deel.

3. Fanlore-uitdaging (in Engels)

Gaan na Fanlore, die OTW se wiki vol fan-geskiedenis en kultuur, om aan hul IFD-vieringe deel te neem! Die Fanlore-uitdaging duur vir ‘n week en sluit verskillende redigering-uitdagings in om elke dag te voltooi. Watter beter manier is daar om u liefde vir fanwerke te wys as deur u kennis met u mede-fans te deel?

4. Speletjies en fan chat (in Engels)

Vanaf 21:00 UTC op 14 Februarie tot 03:00 UTC op 16 Februarie sal ons ‘n chat en speletjies sessie op die OTW se toegewyde Discord-bediener aanbied. Engelssprekende OTW-vrywilligers sal ‘n reeks speletjies modereer, insluitend fandom-trivia-vasvrae, 20 Vrae, lys-maak-uitdagings en nog vele meer. Dit is ‘n wonderlike geleentheid om met mede-fans bymekaar te kom en u entoesiasme en liefde vir u fandoms te deel. Ons sal die skakel en die volledige rooster op die dag self plaas so teken die datum aan in u dagboek en kom terug en kom kyk!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende voorsaat organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.

Event

Comments are closed.