Voeg Werke by Oop Deure Versamelings

Een van die hooftake van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se Open Doors (Oop Deure) projek is om fanwerk-argiewe wat in gevaar is na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) in te voer.

As deel van daardie taak soek Oop Deure na werke wat reeds op AO3 geplaas is om die invoer van duplikate te vermy. Tot nou toe sou die argivarisrekening die werk wat gevind word na die argief se versameling nooi en die werk boekmerk as die uitnodiging nie aanvaar is nie.

Na aanleiding van onlangse veranderinge aan die versameling-uitnodigingsproses, het argivarisse nou die vermoë om ‘n werk wat klaar op die AO3 is outomaties by die argief se versameling op AO3 te voeg.

Dit sal slegs van toepassing wees op werke wat oorspronklik op ‘n ingevoerde argief gehuisves was, en is beperk tot die argief se versameling. Skeppers sal ‘n e-poskennisgewing ontvang wanneer ‘n werk bygevoeg word en kan hul werke enige tyd uit versamelings verwyder as hulle sou wou.

Ons probeer om skeppers gedurende elke argief-invoerproses te vra wat hulle voorkeur is. Indien u egter sal verkies dat geen van u werk na AO3 ingevoer word nie, kontak gerus die Oop Deure komitee.

As u verdere vrae het, besoek asseblief dieOop Deure Algemene Vrae of tree in verbinding met die Oop Deure komitee.

Ons sien uit daarna om te help om meer fanwerke wat in gevaar is, te bewaar!

– Die Oop Deure span

Kommentaar op hierdie nuusberig sal oor 14 dae gedeaktiveer word. Indien u na daardie datum enige vrae, bekommernisse of opmerkings rakende hierdie aangeleentheid het, kontak asseblief vir Oop Deure.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Open Doors

Comments are closed.