
Daar het onlangs intense gesprekke plaasgevind oor langdurige probleme met rassisme in fandom, asook die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) en Archive of Our Own – AO3 (Ons Eie Argief) se rol in die bogenoemde probleem. Ons het geldige kritiek ontvang rakende ons versuiming om vroeër ons toewyding te wys, asook vele versoeke om ons posisie te verduidelik. Daarom wil ons ‘n oomblik vat om ons gebruikers en fandom gelyktydig toe te spreek.
Die OTW staan teen rassisme en diskriminasie in alle vorme. Ons vra om verskoning aan enige iemand wat swaar gekry het as gevolg van ons nalatigheid om die OTW en AO3 ‘n beter omgewing te maak vir Swart aanhangers, en aanhangers van ander rassegroepe. Ons vra spesifiek om verskoning aan gebruikers wat, as gevolg van die bogenoemde nalatigheid, onwelkom gevoel het op AO3. Ons vra ook om verskoning aan al die skoliere wie se werk ons buite konteks aangehaal het, wat gelei het tot hulle teistering en angstigheid.
Ons het u stemme en u terugvoer gehoor; ons belowe om beter op te tree in die toekoms, soos wat uiteengesit is in ons aanvanklike reaksieplan hieronder.
Komende AO3 veranderinge
AO3 is spesifiek ontwerp met maksimum inklusiwiteit van inhoud in gedagte en sal tot daardie beginsel toegewyd bly. Wanneer dit kom by watter fanwerke toegelaat word op AO3, sal daar altyd aansienlike spanning wees tussen maksimum inklusiwiteit van inhoud en om AO3 ‘n verwelkomende ruimte vir alle aanhangers te maak.
Ons kan egter ‘n beter werk doen om gebruikers te help om hulle eie ondervinding op AO3 te beheer en werke te vermy wat hulle nie wil sien nie. Ons kan ook meer gereedskap implementeer om teistering te voorkom en bestry. In die komende maande beplan ons om ons deurlopende werk aan verskeie veranderinge te prioritiseer, wat aan gebruikers meer beheer sal gee oor hulle AO3 ondervinding:
- Om aan skeppers van werke meer beheer te gee oor kommentaar op hul werk deur die vermoë te bied om kommentaardrade te vries of alle kommentaar af te skakel. Die opsie om kommentaar af te skakel sal op die plasing en redigering vorms vir individuele werke en op die Edit Multiple Works (Redigeer Verskeie Werke) bladsy verskyn, saam met die bestaande opsies om kommentaar deur gaste af te skakel of om kommentaar moderering aan of af te skakel.
- Om ‘soek en filtreer’ in versamelings te verbeter sodat indien versamelings per fandom gesoek word, dit versamelings sal insluit wat boekmerke in die spesifieke fandom bevat. Dit sal gebruikers help om saamgestelde ruimtes binne die AO3 te skep en vind met die gebruik van die versamelingsfunksie.
- Die verbetering van administratiewe toerusting agter die skerms om ondersoeke deur ons Beleidsmisbruik-span te fasiliteer.
- Die ondersoek van ons Diensvoorwaardes en die potensiële samestelling van wysigings wat ons Beleidsmisbruik-span sal toelaat om verskillende soorte teistering aan te spreek wat nie deur die huidige Diensvoorwaardes gedek word nie.
- Die herevaluasie van huidige waarskuwings en die bespreking van die moontlikheid om ander in die toekoms te implementeer. Hierdie is ‘n uiters ingewikkelde probleem in terme van definiëring, implementering en volhoubare toepassing. Dit is nie iets wat vinnig of maklik aangespreek kan word nie, maar ons is besig om alle moontlikhede in detail te bespreek.
- Ons sal ook aanhou met ons werk aan die ontwerp van addisionele funksies soos die stilmaak en blok van gebruikers. Terselfdetyd sal ons ook ander moontlikhede ondersoek soos gestoorde soektogte wat sekere werke kan uitsluit, sleutelwoord verwerping of om gebruikers se boekmerk-sleutelwoorde in ag te neem tydens filtrasie.
Die bogenoemde lys is geensins omvattend nie – ons is toegewyd aan die aanhoudende verbetering van funksies wat gebruikers se ondervinding op AO3 sal verbeter en hulle mate van beheer sal verhoog.
Komende OTW veranderinge
Aangaande gesprekke het ‘n behoefte aan die lig gebring om die manier wat ons vrywilligers se klagtes herken en hanteer, te evalueer. Om te verseker dat alle stemme gehoor word, het ons nuwe kanale geskep om meer oop, eerlike terugvoer van ons vrywilligers te verwelkom. Ons sal hierdie terugvoer gebruik om areas te identifiseer waar die OTW dringende verbeteringe nodig het.
Vanuit hierdie stappe hoop ons om ‘n langtermyn strategie te bou wat spesifieke interne doelwitte en strukturele verbeteringe insluit, wat verder verdeel kan word in duidelike, aksiegeoriënteerde stappe wat ons by ons komende Strategiese Plan kan insluit. As deel van hierdie, sal ons ook verskeie aksies oorweeg, insluitend (maar nie beperk tot) om uit te reik na ‘n eksterne kontrakteur of om vennootskappe te bou met ‘n voorspraakgroep. Ons sal aktiewe navorsing doen oor geloofwaardige hulpbronne in die komende maande.
Ons erken dat hierdie versigtige nadering nie oornag sal gebeur nie, aangesien ons seker moet maak dat enige stappe wat ons neem met verantwoordelikheid uitgevoer is en met ‘n duidelike omvang en doel, terwyl ons aanhou om ons OTW-bestuurspligte na te kom. Ons glo egter dat dit ‘n belangrike stap is om ‘n sterker OTW vir almal te skep.
Volgende stappe
Ons besef dat hierdie probleme en idees nie nuut is nie. Ons het hierdie kritiek al vantevore gehoor en versuim om aan aanhangers se verwagtinge te voldoen. Ons verstaan ook dat hierdie maatreëls slegs ‘n klein stappie vorentoe is. Ongelukkig is hierdie ‘n ingewikkelde probleem met geen maklike antwoorde en oplossings nie. Dit beteken dat dit nie iets is wat ons met slegs befondsing kan regmaak nie. Ons moet bedagsaam wees met die implementering van funksies of beleide en hul gevolge versigtig ontleed, sodat veranderinge nie op die ou end bydra tot die opeenhoping van bestaande probleme nie.
Selfs in gevalle waar ons nie spesifieke versoeke kan vervul weens praktiese redes nie, sal ons luister en oorweeg of ons dieselfde doel kan verrig met ander metodes.
Ons vra weereens om verskoning vir ons tekortkominge en bly, soos altyd, gewillig om van u te hoor. Ons wil graag ons opregte dankbaarheid deel met almal wat die tyd ingesit het om hierdie probleem te bespreek en ons daaroor te kontak. Ons verwelkom alle terugvoer, nou en in die toekoms. Die OTW is gemaak deur aanhangers vir aanhangers en ons is altyd gewillig om aanhangers se opinies te hoor oor dit wat ons besig is om te doen en hoe ons kan verbeter.
Die OTW Raad van Direkteure, OTW voorsitters & Leiers
Die OTW Raad van Direkteur kan gekontak word vir direkte terugvoer en verdere voorstelle via e-pos.
Die OTW is die nie-winsgewende moeder organisasie van verskeie projekte, insluited AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n aanhanger-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer ingliting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span vrywillige vertalers wat hierdie dokument vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.