Verdere Veranderinge aan die Verantwoordelikhede van die Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees

Soos ons voortgaan om te werk aan beter balans van verantwoordelikhede tussen ons Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees, verskuif ons twee verdere soorte sake van Beleidsmisbruik na Ondersteuning se mandaat:

Fannish Naasbestaandes

Dit is ‘n opsie wat ons bied wat ‘n aangewese persoon toelaat om u rekening te bestuur as u sterf of onbevoeg raak. U kan meer leer oor die Fannish Naasbestaandes-program in ons Diensvoorwaardes Algemene Vrae. Neem asseblief kennis dat, as u ‘n Fannish Naasbestaande-versoek het wat tans verwerk word, ons Beleidsmisbruik-span die versoeke wat hulle reeds ontvang het sal voltooi.

As u in die toekoms ‘n Fannish naasbestaande wil aanwys, of een wat tans in plek is wil verander of aktiveer, kontak asseblief die Ondersteuningskomitee.

Duplikaat werke

Soms gaan iets verkeerd en ‘n werk kan dan veelvuldige kere geplaas word. Dit kan aan ons Ondersteuning-span gerapporteer word, wat presiese duplikate sal ondersoek en verwyder. Let wel dat werke wat verskillende inhoud bevat (soos ‘n werk wat ‘n geredigeerde of hergeskrewe weergawe van ‘n ander werk is) nie as presiese duplikate beskou sal word nie.

As u werke wil rapporteer wat presiese duplikate van mekaar is, sluit asseblief die skakels na al die betrokke werke in u verslag aan ons Ondersteuningskomitee in. Ons hoop dat hierdie veranderinge sal help deur ons Beleidsmisbruik-spanlede toe te laat om meer van hulle tyd en energie aan ander kwessies te wy.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende voorsaat organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oope Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasi-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vryvillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.

Announcement, Archive of Our Own

Comments are closed.