Kollig op die Ondersteuningkomitee

Veranderinge aan die verantwoordelikhede van die Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees

Om die werksladings van ons Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees meer gebalanseerd te maak, maak ons ‘n paar veranderinge aan wie verantwoordelik is vir watter soort versoeke.

Soos altyd, sal Beleidsmisbruik aanhou om oortredings van die Diensvoorwaardes aan te spreek, en Ondersteuning aanhou om vrae te beantwoord oor hoe om die webtuiste te gebruik, asook om die aanmelding van tegniese foute te hanteer. Sekere van die sake wat vroeër deur Beleidsmisbruik hanteer is, sal egter nou deur Ondersteuning hanteer word. Hierdie sake is:

  • Om toegang tot ‘n rekening te verloor (indien u byvoorbeeld nie meer die e-pos wat u gebruik het om die rekening op te stel, kan onthou of gebruik om u wagwoord te wysig nie)
  • Vrae en probleme met betrekking tot weeswerke
  • Werke wat met die verkeerde taal gemerk is

Indien u een van hierdie probleme moet rapporteer, kontak asseblief die Ondersteuningkomitee. As u ‘n probleem aan die verkeerde komitee rapporteer, moenie bekommerd wees nie! Ons sal die verslag óf direk aanstuur, óf ons sal u vra om dit weer in te dien by die regte span.

Ons hoop hierdie veranderinge sal help deur ons Beleidsmisbruik-spanlede toe te laat om meer tyd en energie aan ander probleme te bestee.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui