Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur) is ‘n portuurbeoordeelde vaktydskrif wat daarop gemik is om vakkundigheid oor fanwerke en praktyke te bevorder. Die joernaal is op 15 September 2008 bekendgestel. Die joernaal publiseer twee uitgawes per jaar, een op 15 September en een op 15 Maart.
TWC is ‘n Goue Oop Toegang publikasie van die nie-winsgewende OTW (Organisasie vir Transformerende Werke), gelisensieer onder die Creative Commons Attribution 4.0 Internasionale Lisensie. TWC is ingedien vir indeksering in alle groot akademiese databasisse, oop toeganggidse, en dienste soos Google Scholar.
Die TWC se standpunt oor fanwerk aanhalings kan hier gevind word.
Vir meer inligting oor TWC, sien die TWC Algemene Vrae, en besoek ons webwerf en sy argiewe vir skakels na komende en vorige uitgawes.