Posts in Open Doors Committee

Voeg Werke by Oop Deure Versamelings

Een van die hooftake van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se Open Doors (Oop Deure) projek is om fanwerk-argiewe wat in gevaar is na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) in te voer. As deel van daardie taak soek Oop Deure na werke wat reeds op AO3 geplaas is om die invoer van duplikate te vermy. Tot nou toe sou die argivarisrekening die werk wat gevind word na die argief se versameling nooi en die werk boekmerk as die uitnodiging nie aanvaar is nie. Na aanleiding van onlangse veranderinge aan die versameling-uitnodigingsproses, het argivarisse nou die vermoë om ‘n… Read more

Ter Nagedagtenis aan Yahoo! Groups

Beeldtoeskrywing: Die Alexandrië Vuur, houtsnee deur Hermann Göll, 1876, saamestelling deur die Yahoo-Geddon Projek Span. Yahoo! Groups is vandag gesluit na 20 jaar se diens aan fannish- en ander internetgemeenskappe. Die besluit is vroeër vanjaar, op 14 Oktober, deur Verizon aangekondig. Yahoo! Groups was ‘n besprekingsbord en eposlys samesmelting wat vinnig ‘n middelpunt vir fannish aktiwiteite geword het nadat dit in 1999 bekend gestel is. Yahoo! Groups en soortgelyke dienste het fans toegelaat om hul fandom ervarings na maat aan te pas en te beheer, iets wat op daardie stadium nie van te hore was nie. Fannish Groups (Groepe) het in bestek gewissel van genre… Read more