Posts in Development & Membership Committee

April 2022 Werwing: Die Kaarte is in u Hande

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is bedink, ontwerp en gebou deur fans. Ons word ondersteun deur die vrywillige werk van die fans wie dien as ons personeel, asook deur die finansiële vrygewigheid van ons lede. Soos ons hierdie April ons halfjaarlikse lidmaatskapwerwing van stapel stuur, wil ons graag sommige van die voordele van OTW lidmaatskap, wat beskikbaar is vir diegene wat donasies van VS$10 of hoër gemaak het, verduidelik. Ons will ook van die ander maniere beskryf waardeur ons ons waardering wys aan ons skenkers. Ons verstaan dat dit vir baie van ons besoekers nie moontlik sal wees om aan die OTW te skenk… Read more

Oktober 2021 Werwing: Dankie vir u Ondersteuning

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se Oktober lidmaatskapwerwing het tot ‘n einde gekom en ons is bly om te kan deel dat ons altesaam ‘n ongelooflike VS$195 009,65 ingevorder het, wat ons teiken van VS$40 000 ver oorskry het. Ons lidmaatskap het ook gegroei tot 4 786 lede. Dit is alles te danke aan die vrygewigheid van 6 700 skenkers vanuit 77 lande wêreldwyd. Ons is, soos altyd, so dankbaar vir ons internationale gemeenskap. Dankie! U ondersteuning stel ons in staat om ons missie te dien: om die belange van die fans vir wie ons verteenwoordig te bevorder deur toegang te gee tot, en… Read more

Oktober 2021 Werwing: Deur Fans, Vir Fans

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is ‘n liefdesarbeid. Dit is geskep deur fans, vir fans. Ons is ‘n nie-winsgewende organisasie en berus 100% op donasies: die donasie van tyd van ons vrywilligers, en die donasie van fondse uit die gemeenskap wat ons dien. Vandag is die begin van ons tweejaarlikse lidmaatskapwerwing, wanneer ons vra dat diegene wat dit kan doen, sal oorweeg om ‘n finansiële bydrae te maak om ons werk te ondersteun. U kan lees oor hoe ons u geld spandeer in ons begroting.

April 2021 Werwing: Dankie vir U Ondersteuning

Noudat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se April lidmaatskapwerwing tot ‘n einde gekom het, bedank ons graag almal wat deelgeneem het. Ons is verstom, en dankbaar om te kan deel, dat ons gedurende die werwing VS$264 918,85 vanaf 9 110 skenkers in 84 lande ontvang het. Dit het ons teiken van VS$50 000 ver oorskry. Ons lidmaatskap het ook tot 16 842 lede gegroei. U is ongelooflik, dankie!

April 2021 Werwing: Kudos vir U

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is in 2007 gestig deur fans vir fans, met die missie om fandom te dien deur transformerende werke te preserveer en die skep daarvan aan te moedig. Veertien jaar later is ons toewyding hieraan steeds onwrikbaar. Die OTW werk om fans, en die transformerende werke wat hulle skep, te beskerm, of dit nou deur regsvoorspraak teen fan-onvriendelike wetgewing, die red van bedreigde fanwerke, die opskryf van fangeskiedenis, die verskaffing van ‘n lokaal vir fanstudies of die gasheer van u ou en nuwe fanwerke is. Maar ons kan dit nie sonder u hulp doen nie. Soos ons elke April en… Read more