September 2022 Nuusbrief, Volume 171

I. DIE OTW WORD 15

In September het die
Kommunikasie komitee die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se 15de bestaansjaar gevier met ‘n trivia-speletjie, ‘n fanwerke-uitdaging en spesiale onderhoude met Francesca Coppa en Constance Penley. Baie geluk aan ons trivia- en uitdagingwenners, met dank aan die
Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee wat pryse verskaf het!

Die Kommunikasie komitee het ook kommentaar op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) se nuusplasings heraktiveer—net betyds vir die herdenking. Ons het ook aangekondig dat die AO3 gedurende die vieringe 5 miljoen geregistreerde gebruikers bereik het—terloops op 15 September!

II. BY DIE AO3

Oop deure het die invoer aangekondig van By Your Command, ‘n Battlestar Galactica fanfiksie argief. Hulle het ook die invoer voltooi van Of Elves and Men, ‘n Lord of the Rings argief en All Things Rat, ‘n X-Files argief.

Sedert Augustus het die Toeganklikheid, Ontwerp en Tegnologie Komitee vrystellings 0.9.323 en 0.9.324 ontplooi en die volgende vrystelling begin toets (wat waarskynlik ook ontplooi sal wees teen die tyd van hierdie plasing). Hierdie drie vrystellings sluit kode van ses nuwe kodebydraers in!

Die Beleidsmisbruik-komitee het 1 700 kaartjies in September ontvang—‘n bietjie meer as wat gewoonlik deurkom—maar hulle maak gou hul pad daardeur en die kaartjies verminder spoedig. In September het die Etiket Organisasie Komitee vordering gemaak met ‘n paar algemene veranderinge aan die hulpmiddels wat dit gebruik. Hierdie veranderinge behoort sekuriteit te verbeter. Met die hulp van die Toeganklikheid, Ontwerp en Tegnologie Komitee (baie dankie!) het hulle ook ‘n paar opdaterings aan die wrangling sisteem ontplooi wat grootliks hul vermoë om hul span en werklading effektief te bestuur, sal help. In Augustus het wranglers meer as 420 000 etikette oor meer as 52 000 fandoms hanteer—meer as ‘n duisend etikette per aktiewe wrangler!

III. FANLORE NUUS

Fanlore is opgegradeer! Op 3 Oktober is die wiki na die nuutste weergawe van MediaWiki opdateer. Hierdie opgradering het onder andere ‘n “visuele redigeerder”-modus by Fanlore gevoeg wat baie van die formatering-werk vir bydraers doen – dit sal beteken dat u nie wiki-markeertaal hoef te bemeester om blaaie te wysig nie (maar markeertaal fans sal dit steeds kan gebruik)!

Fanlore se tema vir Oktober is anime en manga (Fanimangalore) en dit word op sy sosiale media-platforms gevier met die hulp van Fanlore se nuwe Grafiese Ontwerpers en Sosiale Media en Uitreikvrywilligers.

IV. ELDERS BY DIE OTW

Die 15de September was nie net ‘n groot dag vir die AO3 nie, maar ook vir Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur), wat Nr. 38, ‘n algemene uitgawe, vrygestel het. Intussen het die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee ‘n tafel by vanjaar se WorldCon opgestel en hulle sien uit daarna om aan meer konvensies deel te neem soos die OTW se konvensie-uitreikprogram opdateer word.

Die Regskomitee het ‘n mate van navorsing en ontleding gedoen oor regsontwikkelinge rakende aanlyndiensverskaffers en Amerikaanse nie-winsgewende organisasies. Hulle het ook ‘n toesigverhoor van die Amerikaanse kopieregkantoor bygewoon en op navrae gereageer vanaf gebruikers en ander dele van die OTW.

Laastens het die Sisteemkomitee beide Fanlore en die AO3 na ‘n nuwe sertifikaatverskaffer geskuif. Die Sisteemkomitee werk ook steeds aan die opgradering van verskillende dele van ons infrastruktuur, soos Fanlore se MediaWiki en die Argief se SQL-bedieners.

V. DIS ALS OOR ONS MENSE

Vanaf 26 Augustus tot 23 September het die Vrywilligers en Werwingskomitee 88 nuwe versoeke ontvang en 80 voltooi, wat ons met 130 oop versoeke gelaat het (insluitend induksie- en verwyderingstake wat hieronder gelys word).

Soos getel op 23 September 2022 het die OTW 903 vrywilligers. \o/ Onlangse personeelbewegings word hieronder gelys.

Nuwe Oop Deure Vrywilligers: Beth B, Hookedonthesky, runt, en 7 ander Invoerassistente
Nuwe Strategiese Beplanning Vrywilligers: Audrey Richards
Nuwe Wrangler Vrywilligers: 2D Trash, allonsyechoes, AoiH, Asterism, Barnesarmed, Bellivision, Cactus, Chaya, CheddarMonk, Cheshire, ChuckyBlue, Connor, CorvusGrey, dazyndara, dingding, Eirinen, EllaW, elyyyna, Faye Z, Flamingo, flowermemory7, FourSparks, Howl, JanB, jeiroh, Jenn Casso, Jules F, Kaesa, ladydragona, Larrant, Lavender T, Lizbean, Lombyn, m0th3rw4r, Maria Foivi, Mierke, Nyde, Rayon, Reya, Roz, sunshine712, Tsumego, Ultramarine, Uneasy, Virin, Yi Luo, Ymir (all Tag Wranglers), Harlow, Tafadhali, en 1 ander Toesighouer
Nuwe Vertaling Vrywilligers: Dasha (Vrywilliger Bestuurder) en 1 Nuus Vertaler

Uitgaande Kommunikasie Vrywilligers: Allegra (Fanhackers Vrywilliger)
Uitgaande Fanlore Vrywilligers: Katherine Hoovestol (Sosiale Media & Uitreik Vrywilliger)
Uitgaande Oop Deure Vrywilligers: Beth B (Administratiewe Vrywilliger), 1 Tegniese Vrywilliger en 4 Invoerassistente
Uitgaande Beleidsmisbruik Vrywilligers: Tei en 1 ander Vrywilliger
Uitgaande Ondersteuning Vrywilligers: HurricanErin en 8 ander Vrywilligers
Uitgaande Sisteems Vrywilligers: 1 Vrywilliger en 1 Projek Bestuurder
Uitgaande Wrangler Vrywilligers: Singy
Uitgaande Vertaling Vrywilligers: Ayati, farah en 2 ander Vertalers

Vir meer inligting oor die omvang van ons komitees, verwys asseblief na die komiteelys op ons webwerf.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingblad.

Newsletter

Comments are closed.