Riglyne vir die Indien van ’n Geleentheid

Die Kommunikasiekomitee publiseer ’n maandelikse nuusberig wat gebeurtenisse en geleenthede wat in die Geleenthede Kalender van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) gelys word bevorder.

Ons moedig die indien van geleenthede vir die kalender in enige taal aan, mits dit behels:

1) Fan-verwante geleenthede wat oop is vir die publiek en wat aanlyn of in persoon kan plaasvind.
2) Akademiese geleenthede soos konferensies, publikasies en uitnodigings vir referate wat deel vorm van fan-studies.
3) Geleenthede wat verband hou met oopbrontegnologie.

Die maandelikse nuusberigte is ’n opsomming van kalender inskrywings vir daardie maand, asook versoeke vir deelname aan navorsing wat aan die volgende vereistes voldoen:

Het dit goedkeuring van die Instituut se Hersieningsraad/Etiekkomitee?

Ons besef dat daar onafhanklike navorsers is wie nie oorsigtelike goedkeuring kan kry nie omdat hulle nie aan ’n instituut verbonde is nie. In sulke gevalle kan ’n plaasvervanger verskaf word in die vorm van ’n vita wat vorige werk, akkreditasie en ’n skakel na vorige werk wat aanlyn beskikbaar is insluit.

Is daar ’n toestemmingsvorm vir deelnemers waarna ons ’n skakel kan verskaf?

Ons sal nie navorsing insluit wat nie ouderdomsbeperkinge vir deelnemers spesifiseer nie en wat nie spesifiseer waarvoor die data gebruik gaan word, wat die prosedures is (as dit nie ’n aanlynvraelys is nie), wie toegang gaan hê tot die data en hoe die deelnemer se privaatheid beskerm gaan word nie.

Is daar volledige kontakbesonderhede vir die navorser (asook hul komitee of studieleier, indien van toepassing)?

Hierdie inligting behoort die instituut waaraan hulle verbonde is, as daar een is, asook ’n e-pos en fisiese adres waar hulle bereik kan word in te sluit.

Gaan die inligting met die gemeenskap gedeel word na die afloop?

Dit kan gedoen word deur die Kommunikasiekomitee te kontak om ’n skakel na die resultate aan hulle deur te gee.

Tree asseblief in verbinding met die Kommunikasiekomitee om enige van die bogenoemde in te dien.