Raad van Direkteure

[Vertalersnota: In die geval van enige personeelveranderinge sal hierdie bladsy dalk nie op datum wees nie. As u twyfel, raadpleeg asseblief die Engelse weergawe vir die nuutste lys.]

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) word bestuur deur fans vir fans. Die direkteure van OTW se Raad is almal aktief in fandom, net soos die honderde ander mense wat op die organisasie se komitees dien en as vrywilligers werk.

Openbare Raadsvergaderings vind ongeveer elke drie maande op Discord plaas. Die presiese datums kan gevind word op die Raadsvergaderingkalender.

Alle vergaderingsnotules word hier op hierdie webwerf gepubliseer.

Raad van Direkteure

Anh Pham (President) het fankuns van die manga Crest of the Royal Family begin teken toe hulle op laerskool was, hoewel dit etlike jare sou neem voor hulle hul eerste doujinshi of fanfik sou lees. Anh is ’n Viëtnamese fan wie se aandag dikwels geprikkel word deur hul gunsteling DC karakters, hul geliefde en nis videospeletjies, of Asiatiese media soos Japannese manga en Chinese web-romans.

Engels is Anh se tweede taal. Hulle het ook oor die jare ’n bietjie Kantonees by hul familie geleer, genoeg om Sjinese fanfik te begin lees jare voordat hulle AO3 begin gebruik het in 2013. Voordat Anh in 2022 by die OTW aangesluit het as ’n vrywilliger vir die Fanlore Sosiale & Media Uitreik-span, het hulle ook posisies oorweeg in Span Viëtnamees van die Vertalingskomitee of die Sjinese taalbaan van die Etiket Organisasie Komitee. Nou is hulle, benewens hul huidige rol in die Fanlore-komitee, ook ’n Oop Deure invoerassistent.

Buite die OTW het Anh digitale en visuele kuns studeer, en is ’n vryskutkunstenaar. Boonop werk hulle as ’n deeltydse sjef by ’n plaaslike restaurant.

Jennifer Haynes (sy/hulle) Jennifer werk as ’n navorsingsbestuurder en konsultant vir verskeie maatskappye in die lewenswetenskappe-industrie. Sy is sedert 2022 ’n vrywilliger by die Organisasie vir Transformatiewe Werke as ’n etiket organiseerder, en is al meer as ’n dekade lank ’n lid van fandom en die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie).

Dag-tot-dag bestuur Jennifer projekte wêreldwyd. Sy is detailgeoriënteerd en bedagsaam. Sy glo ook in konsekwente groei en leer—veral in die openbaar, al is dit soms ongemaklik of moeilik.

In fandom is Jennifer ’n skrywer met meer as ’n honderd stories wat op die AO3 gepubliseer is. Hulle het al aan talle geleenthede deelgeneem en bestuur, insluitend: fanweke, fik-remixes, feeste en uitruilings oor ’n wye reeks fandoms.

Kari Dayton (sy/haar) het fandom vir die eerste keer op ’n baie jong ouderdom gevind via Sailor Moon, maar dit sou nog ’n paar jaar neem voordat sy fanfik in die Harry Potter-fandom vind. (Sy glo sterk in Trans Rights en is lief vir die werk wat gedoen is om die wonderlike Harry Potter fandom te distansieer van die haatlike vitriool wat die skepper voorstaan.) Alhoewel baie verhaal-hasies in haar kop leef, skryf sy nie baie fanfik nie en verkies om agter die skerms te werk as ’n etiket organiseerder, ’n komitee waarby sy in 2018 aangesluit het. Sy is ‘n aktiewe Etiket Organiserings Toesighouer (sedert 2019), en geniet dit om te help met administratiewe werk en dinkskrum oor maniere om etiket organiseerders se lewens makliker te maak.

Gedurende die dag werk sy in tegnologie vir ‘n VoIP-maatskappy, en sy is die hoof interne instrukteur en tegniese leier vir haar departement. Haar dag-tot-dag werk sluit die skryf en opdatering van dokumentasie in, om ‘n hulpbron te wees vir kollegas in haar departement en verwante departemente, die beantwoording van vrae (via chat en e-pos), en die opleiding van nuwe werknemers. Sy is bekend by haar maatskappy as iemand wie departemente help om saam te werk, kommunikasie tussen departemente fasiliteer, die persoon te wees wie dinge weet, en oor die algemeen dink inligtingsilo’s is ‘n ondiens vir almal. Sy sal u graag oplei in enige taak waaroor u meer wil weet – vra net!

Kathryn Soderholm is al 20 jaar in fandom, waar sy meestal lees en dagdroom oor uitgebreide fanfik-verhale wat net af en toe die pad na die bladsy toe maak. Sy is sedert 2014 ’n vrywilliger by die Organisasie vir Transformatiewe Werke. Buite die OTW werk sy as ’n nie-winsgewende administrateur, en sy is ’n progressiewe gemeenskapsaktivis in haar vrye tyd.

Michelle Schroeder het op hoërskool op fandom afgekom en geweier om dit te laat gaan. Meestal hou hulle by videospeletjies en klein boeke fandoms en skryf baie fluff fanfik oor hul gunsteling karakters. Hulle is ’n medevoorsitter vir die AO3 Dokumentasie-span, en was in die verlede deel van die Etiket Organisasie Komitee en die Ondersteuningskomitee. Buite die OTW werk hulle as ’n assistentbestuurder in ’n kleinhandelwinkel.

Qiao Chu (sy/haar) het fandom ontdek in haar laerskooldae, amper 20 jaar gelede. Sy het op ’n Cardcaptor Sakura-fandom-forum afgekom, en lees sedertdien fanfik. Sy was deur haar liefde vir fandom gemotiveer om Engels te leer: sy kon eenvoudig nie wag dat die vertaler haar gunsteling X-Men-fanfik opdateer nie, en het besluit om die oorspronklike teks te lees. Dit is hoe sy sewe jaar gelede AO3 ontdek het.

Sy het in 2019 by OTW aangesluit as ’n etiket organiseerder. Sy is bly dat sy haar leerkennis en taalvermoë kan gebruik in haar daaglikse pligte as etiket organiseerer asook om gebruikers te help om hul filter- en lees-ervarings te verbeter.

Sy is tans besig met haar Ph.D. graad in materiaal-ingenieurswese in Japan, en sal hopelik volgende jaar haar doktorsgraad kry. Sy hou daarvan om manga te lees, videospeletjies te speel en aan fandom deel te neem: sy skryf, vertaal en redigeer soms, en is altyd aan die lees.

Zixin Zhang (Sekretaris) het in fandom beland toe sy ’n obsessie met Detective Conan ontwikkel het en haar weg na aanlyn fannish-forums gevind het. Maar haar fannish-lewe het waarskynlik al op laerskool begin toe sy in die geheim fanfiksie vir Dream of the Red Chamber op haar oefenboeke geskryf het. Haar gunsteling fandoms sluit in: Lord of the Rings, The Grave Robbers’ Chronicles (DMBJ-reeks), Legend of the Galactic Heroes en Final Fantasy XIV. Sy is ook ’n ywerige leser van Sjinese web-romans.

Sy het in Maart 2019 by die OTW begin werk as ’n etiket organiseerder vrywilliger (Sjinese taalbaan) toe sy die aankondiging oor aansoeke op die OTW se Weibo-rekening gesien het. Sy het in Oktober 2019 by die Beleidsmisbruik-komitee aangesluit, asook die Kommunikasie-komitee (in Januarie 2020) as een van die Weibo-modereerders. Sy het voorheen by Oop Deure as ’n administratiewe vrywilliger gewerk.

Zixin het ’n baccalaureusgraad in Sjinastudies en ’n meestersgraad in Arbeidstudies. Sy werk tans vir ’n nie-winsgewende organisasie wat opvoedkundige dienste aan trekarbeiders se kinders verskaf en pleit vir opvoedkundige gelykheid. Sy ’n kat-ma by die huis en ’n voëlkyker in die algemeen.

Nie-Direkteur beamptes

Yuechiang Luo (Tesourier)

Rustende Direkteure.

Lees meer oor ons huidige komitees hier.