
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) deel graag ons visieverklaring met u. Die onderstaande dokument sal die raamwerk vir ons nuwe strategiese plan wees. Ons sal spesifieke doelwitte en aksieplanne oor die volgende 12 of wat maande voltooi sodat hierdie items geïmplementeer kan word. Terwyl ons finale plan aanpasbaar moet wees en moet kan verander soos wat ons omgewing verander, is hierdie visieverklaring die fondasie van dit waarna ons wil werk om die OTW te verbeter en seker te maak dit hou aan om dienste aan fans te verskaf.
Missieverklaring
Die OTW is ’n nie-winsgewende organisasie gestig deur fans om die belange van fans te bevorder deur toegang tot fanwerke en fankultuur in al sy vorme te bied, en die geskiedenis daarvan te bewaar. Ons glo dat fanwerke transformerend is en dat transformerende werke wettig is.
Die OTW verteenwoordig die beoefening van transformerende fanwerk wat geskiedkundig gevestig is in ’n primêr vroulike kultuur. Die OTW sal die rekord van daardie geskiedenis preserveer soos ons ons missie najaag terwyl ons nuwe en nie-hoofstroom uitdrukkings van kulturele identiteit binne die fandom aanmoedig.
Strategiese Visie
Ons visie vir die OTW oor drie jaar is ’n stabiele, konsekwente, gekonnekteerde en aanhoudend-groeiende organisasie wat proaktief is oor sy rol binne en buite fandom, en wat aanhou om fans te dien.
Die OTW sal hierdie strategiese plan gebruik om belangrike interne verbeteringe te skep wat sal help om huidige vrywilligers te ondersteun en te behou, en nuwe vrywilligers sal trek. Dit sal ook deursigtigheid en die OTW se kapasiteit om diverse groepe fans wêreldwyd voldoende te bedien, aanmoedig.
Prioriteite en Uitdagings
Besprekings binne die OTW oor die organisasie se toekoms en ontwikkeling het ses hoof prioriteite en vyf belangrike uitdagings bepaal om op te fokus binne die volgende drie jaar:
Prioriteite:
- AO3 Ontwikkeling
- Interne Volhoubaarheid
- Bestuur Ontwikkeling
- Betaalde Personeel
- Eksterne Kommunikasie
- Diversifisering van Fondsinsameling
Uitdagings:
- Silotaakverrigting
- Personeelbehoud en Werwing
- Ruimtes Diversifiseer
- Regsuitdagings
- Publieke Mening
Hierdie prioriteite en uitdagings, uitgelê in meer detail hieronder, sal gebruik word om ons strategiese plan te vorm.
Prioriteite
Besprekings binne die OTW oor die organisasie se toekoms en ontwikkeling het ses prioriteite vir die volgende drie jaar bepaal.
AO3 Ontwikkeling
Ons sal aanhou om die infrastruktuur van die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te ontwikkel. Dit sal die verken van hulpmiddels insluit om teistering te beveg en voorkom, gebruikers te help om ’n self-bestuurde ervaring te skep, die koppelvlak toeganklik te maak vir nie-Engelssprekende gebruikers, en ons multimedia ondersteuning uit te brei. Hierdie nuwe funksies is in lyn met AO3 se ontwikkelingsbloudruk en sal nie ten koste van bestaande koderingsprioriteite en deurlopende onderhoud kom nie.
Interne Volhoubaarheid
Die OTW sal die volhoubaarheid van ons interne komitees verbeter deur te fokus op opvolgingsbeplanning, diverse werwing, delegasie, personeelbehoud, dokumentasie, konflikbestuur en interne kommunikasie.
Bestuur Ontwikkeling
Ons sal aanhou om die voorstelle vir die herbeskouing van ons leierskapsmodelle wat tydens die 2017-2020 strategiese plan ontwikkel is, te hersien en uit te voer.
Betaalde Personeel
Ons sal modelle verken om ’n beperkte hoeveelheid betaalde personeel posisies in ons struktuur te inkorporeer wat nie vrywillige rolle sal vervang nie, maar wat eerder die noodsaaklike infrastruktuur sal verskaf om ons werk volhoubaar te hou binne ’n organisasie wat hoofsaaklik bestaan uit vrywilligers. ‘n Betaalde Personeel Beampte sal deur die Raad aangewys word om die volgende stappe na die opneming van betaalde personeel te bestuur.
Eksterne Kommunikasie
Ons sal ons eksterne kommunikasie omwerk om bewustheid van ons missie te verhoog, die konsekwentheid en reikwydte van ons openbare boodskap te versterk, en openbare betrekkinge te verbeter deur deursigtigheid te verhoog met beide lede en nie-lede oor die OTW as ’n geheel.
Diversifisering van Fondsinsameling
Ons sal werk om die finansiële stabiliteit van die OTW te versterk deur gebiede soos addisionele nie-kommersiële/nie-adverterende fondsinsamelingsmetodes en lae-risiko beleggingsgeleenthede te verken. Ons sal aanhou werk daaraan dat ons finansiële praktyke ooreenstem met beste praktyke vir nie-winsgewende organisasies.
Uitdagings
Ons leierskap en vrywilligers het tydens die visievorming proses gewerk om die uitdagings te artikuleer wat die OTW tans, of binne die volgende drie jaar, in die gesig staar.
Ons is daaraan toegewy om hierdie uitdagings aan te pak soos ons werk vir ons organisasie se toekoms, en om ons werk deursigtig met ons belanghebbendes te deel.
Silotaakverrigting
Die OTW se struktuur neig om silovormig te wees, met verskillende dele van die organisasie dikwels nie ingelig oor of betrokke by werk wat nie direk binne hulle gebied is nie.
Dit raak organisasie-wye projekte en inisiatiewe, interne kommunikasie, deursigtigheid, vrywilligerbehoud en komitee volhoubaarheid—dit is moeilik om saam te werk as daar nie meganismes bestaan wat dit moontlik maak nie. Wanneer ons nie hulpbronne en ondersteuning kan deel tussen verskillende dele van die organisasie nie, word elke komitee gelaat om op hulle eie reg te kom in geval van onverwagte leierskapsoordrag, oplopende werklading, ensovoorts.
- Om na volhoubaarheid te beweeg moet ons ons interne kommunikasie en ons konsekwentheid regoor die organisasie verbeter.
- Toekomstige modelle vir bestuur en personeelstrukture sal silotaakverrigting aanspreek.
Personeelbehoud en Werwing
Baie van ons OTW komitees het hoë omsetkoerse en verval in ’n siklus van werwing, opleiding en verlies van nuwelinge, wat beteken dat hulle weer moet begin met die werwingsproses. ’n Verwante bron van kommer is werwingssiklusse wat nie genoeg, of soms enige, nuwelinge lewer om te voldoen aan ’n komitee se behoeftes nie.
Dit beïnvloed uitbranding en werkverdeling vir langtermyn vrywilligers en kennisdraers (“spilpunte”), wie se werklading selde verlig word deur nuwelinge. Dit beïnvloed ook totale komitee kapasiteit, sedert werwing en opleiding tyd van ander werk wegvat.
- Om te beweeg na volhoubaarheid sal ons moet verbeter aan ons poel van nuwelinge wat voldoen aan ’n komitee se behoeftes, ons behoud van nuwelinge en ons vermoë om nuwelinge in posisies te plaas wat voorheen deur kennisdraers gevul is.
- Betaalde personeel posisies, indien geskep word, sal ontwerp wees om kennisdraers se werklas te verlig.
Ruimtes Diversifiseer
Die OTW het geldige kritiek ontvang oor sy versuim om die skep van ’n ruimte te prioritiseer wat alle groepe verwelkom, veral swart en anderskleurige fans. As gevolg van hierdie traagheid is die hulpmiddels, doelwitte, en strategieë om diversiteit te prioritiseer nie in plek oor alle dele van die OTW nie, met die gevolg dat baie fans en vrywilligers onwelkom op AO3 en in die OTW voel.
Ons sal werk aan die implemetering van prosesse om diversiteit en insluiting binne die OTW te vermeerder, wat sal toelaat dat beleide ingestel word om ’n stelsel te vestig waarin vrywilligers aktief in die OTW verwelkom word, en ten volle bygestaan word wanneer hulle teen enige soort diskriminasie te staan kom.
Ons sal additionele hulpbronne ontwikkel om tekortkominge in die OTW te dokumenteer en evalueer. Ons sal ook nuwe meganismes ontwikkel om proaktief probleme te ontdek wat ons dalk nie raak gesien het nie. Hierdie pogings sal gelei word deur vrywilligers van nie-Amerikaanse, nie-Westerse agtergronde asook diegene wie etniese minderhede in die Verenigde State en ander Westerse lande is, en hulle op alle vlakke betrek. Opsies wat ons sal oorweeg en wat ons beplan om in die toekoms aan te spreek rondom diversiteit en insluiting sluit in:
- ‘n Kontrak aangaan met ’n individu of organisasie om te konsulteer oor sake van rassevooroordeel en ongelykheid binne die OTW en sy projekte. Opsies hiervoor sal nagevors word deur ’n toegewyde Diversiteit Konsultant Navorsingsbeampte, aangestel deur die Raad van Direkteure.
- Gebruik die OTW se huidige hulpbronne om diversiteit aan te spreek deur vrywilliger hulpbrongroepe te stig. Die implementering hiervan sal geïntegreer wees in ons huidige werksvloei, byvoorbeeld, deur chat kanale vir vrywilligers van verskillende groepe te skep wie voorstelle kan maak, raad kan gee, geraadpleeg kan word, of inligting verskaf vir OTW beleide wat hulle ervaring binne die OTW en sy projekte kan beïnvloed.
- Brei ons werwingsbronne uit om die kandidate wat vir rolle oorweeg word te diversifiseer, deur byvoorbeeld advertensies vir OTW vrywilligers-geleenthede te plaas op nie-OTW webtuistes.
- Skep ’n meer verwelkomende omgewing deur aan te hou om funksies te ontwikkel wat gebruikers meer beheer oor hulle ervaring gee, soos blokkering, permanente filtrering, of ander aanpassingsfunksies. Hierdie funksies sal gebruikers se vryheid van uitdrukking op AO3 bewaar maar ook elke individu bemagtig om self te besluit hoe hulle met inhoud en gebruikers omgaan.
Regsuitdagings
Die OTW het al vele regsuitdagings waargeneem en deurstaan in die landskap van transformerende werke, beide in die vorm van nuwe wetgewing wat dreig om daardie landkap te verander, en aanvalle onder bestaande wetgewing. Ons voorsien dat hierdie regsuitdagings sal voortgaan in ons toekoms.
Alhoewel ons Regskomitee hierdie uitdagings op die gevegsfront hanteer, beïnvloed die uitdagings alle dele van die organisasie wanneer dit veranderinge in ons projekte se Diensvoorwaardes, hersiening van ons interne gebruike as ’n nie-winsgewende organisasie, of ander grootskaalse verandering noodsaak.
- Ons volhoubaarheidspogings sal die voortgesette vermoë van ons Regskomitee verseker.
- Ons toekomstige modelle vir bestuur en personeel sal verseker dat ons organisasie aanpasbaar is, met die vermoë om by te hou met die vinnig-veranderende landskap waarin ons bestaan.
Publieke Mening
Alhoewel die AO3 se naam bekend is in baie fandom gemeenskappe, is die OTW self minder bekend, en ons geskiedenis, doel en struktuur nie wyd verstaan nie. Ons word gereeld gekonfronteer met skakeluitdagings tussen die OTW en ons hoof belanghebbendes.
Ons sal werk om ons verhouding met die publiek te verbeter deur deursigtigheid oor wat die OTW is en doen tussen beide lede en nie-lede te verhoog. Dit sal ’n positiewe invloed hê op ons vermoë om ons boodskap en missie met ons belanghebbendes te deel. Dit sal ook fondsinsameling komplikasies verminder wat ‘n gevolg is van ’n tekort aan duidelikheid oor die rol van die OTW. Opsies wat on sal oorweeg en wat ons beplan om uit te brei en te vereenvoudig wat raak aan publieke mening oor die OTW, sluit in:
- Verhoog blootstelling van die OTW se doelwitte en missies aan gemeenskapslede—fanwerk skeppers, lesers, skenkers, vakkundiges en die publiek—deur nuwe formate. Byvoorbeeld, deel die OTW se geskiedenis, doel, struktuur en ander verwante inhoud via infografika.
- Moedig komitees aan om moontlik videos te skep wat die werk wat hulle doen, en hoe dit as ’n geheel by die OTW inpas, te verduidelik. Dit kan handleidings, demonstrasies, nuusflitse en soortgelyke inhoud insluit, wat vir sommige gebruikers meer toeganklik sal wees as ons tradisionele teksgesentreerde kommunikasiebenadering.
- Herbou van ons kommunikasiestrategie om deursigtigheid te verbeter en die sigbaarheid van die OTW te verhoog, en om te verseker dat ons ons missie en narratief effektief oordra.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasi-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.