OTW Verkiesingstatistiek vir 2023

Noudat die 2023-verkiesing verby is, is ons bly om ons kiesersdeelname-statistiek met u te deel!

Vir die 2023-verkiesing het ons ‘n totaal van 15 274 stemgeregtigde kiesers gehad. Hiervan het 4 247 kiesers gestem, wat 27,8% van die moontlike kiesers verteenwoordig.

Ons kiesersdeelname is laer as dié van laasjaar, wat ’n deelname van 39,3% gehad het.

Ons het ook ’n afname in die aantal stemme gesien, van 4 574 na 4 247, wat ’n afname van 7,1% verteenwoordig.

Verkiesings is toegewy daaraan om aan te hou om ons stemgeregtigde lede te bereik, om hulle aan te moedig om in verkiesings te stem. Diegene wat tot die Raad van Direkteure verkies word, kan ’n belangrike invloed op die langtermyngesondheid van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se projekte hê en ons wil hê dat ons lede ’n sê daarin het.

Vir diegene wat belangstel in die aantal stemme wat elke kandidaat ontvang het, neem asseblief kennis dat ons verkiesingsproses ontwerp is om ’n gelyke groep Raadslede te verkies om hulle toe te laat om goed saam te werk, daarom maak ons nie daardie inligting bekend nie.
As ’n algemene reël maak ons ook nie die kandidaat ranglys bekend nie.

Weereens, baie dankie aan elkeen wat aan elke fase van die verkiesing deelgeneem het! Ons hoop om u almal weer volgende jaar by die virtuele stembusse te sien.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende voorsaat organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oope Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.

Announcement

Comments are closed.