OTW Finansies: 2022 Begroting

Gedurende die afgelope jaar het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Finansiekomitee soos altyd verseker dat die organisasie se rekeninge betaal, die inkomstebelasting-opgawes ingedien en die standaard rekeningkundige prosedures gevolg word. Die span het ook die rekeningkundige Rekeningplan opgeknap om die OTW se finansiële aktiwiteite beter te weerspieël. Voorbereiding vir die 2021 oudit van finansiële state is tans aan die gang!

Die span het ook ywerig gewerk om te voldoen aan die OTW se behoeftes vir 2022 en is trots om die jaar se begroting aan u voor te lê (kry toegang tot die 2022 begroting-sigblad vir meer gedetailleerde inligting):

2022 Uitgawes

Uitgawes volgens program: Argief van Ons Eie: 76,9%. Oop Deure: 0,4%. Transformerende Werke en Kultuur: 0,3%. Fanlore: 4,0%. Regsvoorspraak: 0,3%. Toelaag - Vidding Boek: 0,1%. Administrasie: 10,5%. Fondsinsameling: 7,5%.

Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)

VS$33 231,72 spandeer; VS$549 463,62 oor

  • VS$33 231,72 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$582 695,34 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2022.
  • 76.9% van die OTW se uitgawes gaan aan die onderhoud van die AO3. Dit sluit die meerderheid van ons bediener-uitgawes—beide nuwe aankope sowel as deurlopende kolokasie en onderhoud—webwerfprestasie moniterings-hulpmiddels, en verskeie stelsel-verwante lisensies, sowel as ander kostes wat hieronder uitgewys is (kry toegang tot alle programuitgawes).
  • Hierdie jaar se beraamde AO3 uitgawes sluit ook VS$15 000,00 se kontrakteurs-kostes in om enige sekuriteitsprobleme te vind wat dalk reggestel moet word.
  • AO3 uitgawes sluit ook ‘n beplande VS$430 000,00 vir die uitbreiding van bediener-kapasiteit in om die jaar se verwagte groei in webwerfverkeer te hanteer. Dit is moontlik dat sekere dele van hierdie taak uitgestel sal word tot volgende jaar, afhangende van verskeie omstandighede; die hersiende begroting wat later die jaar vrygestel sal word sal meer inligting bevat.

Fanlore

VS$1 051,78 spandeer; VS$29 241,62 oor

  • VS$1 051,78 spandeer uit ‘n totaal van VS$30 293,40 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2022.
  • Fanlore se uitgawes bestaan uit sy deel van die toegewysde bedienershardeware en instandhouding- en kolokasie-kostes (kry toegang tot alle programuitgawes).

Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur)

VS$0,00 spandeer; VS$2 349,00 oor

  • VS$0,00 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$2 349,00 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2022.
  • TWC se uitgawes is die gasheerkostes vir die joernaal se webtuiste, uitgewerskostes en stoorgelde (kry toegang tot alle programuitgawes).

Open Doors (Oop Deure)

VS$147,88 spandeer; VS$2 629,73 oor

  • VS$147,88 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$2 777,61 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2022.
  • Oop Deure se uitgawes bestaan uit gasheer- en rugsteunkostes en die domeinkostes vir ingevoerde fanwerkargiewe (kry toegang tot alle programuitgawes).

Legal Advocacy (Regsvoorspraak)

VS$0,00 spandeer; VS$2 500,00 oor

  • VS$0,00 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$2 500,00 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2022.
  • Regsvoorspraak se uitgawes bestaan uit registrasiefooie vir konferensies en verhore (kry toegang tot alle programuitgawes).

Konvensie Uitreike

VS$0,00 spandeer; VS$500,00 oor

  • VS$0,00 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$500,00 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2022.
  • Begrote uitgawes sluit in VS$100,00 vir die vervaardiging van pamflette vir virtuele konvensies en VS$400,00 vir ander konvensie uitreik-aktiwiteite namens die OTW (kry toegang tot alle programuitgawes).

Toelaag vir F. Coppa se boek oor die Geskiedenis van Fanvidding

VS$660,00 spandeer; VS$0,00 oor

Fondsinsameling

VS$6 633,17 spandeer; VS$49 840,23 oor

  • VS$6 633,17 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$56 473,40 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2022.
  • Ons fondsinsamelings-kostes bestaan uit transaksiefooie wat deur ons derdeparty-betalingsverwerkers gehef word vir elke donasie; die aankoop en pos van dankie-sê geskenke; en die hulpmiddels wat gebruik word om gasheer te speel vir die OTW-lidmaatskapdatabasis en kommunikasie met skenkers en potensiële skenkers dop te hou (kry toegang tot alle programuitgawes).

Administrasie

VS$2 266,39 spandeer; VS$77 269,64 oor

  • VS$2 266,39 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$79 536,03 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2022.
  • The OTW se administratiewe uitgawes sluit in gasheerfooie vir ons webtuiste, handelsmerke, domeine, versekering, belasting indiening en die jaarlikse oudit van finansiële state, sowel as kommunikasie-, bestuur- en rekeningkundige hulpmiddels (kry toegang tot alle programuitgawes).

2022 Inkomste

OTW inkomste: April werwingsdonasies: 21,0%. Oktober werwingsdonasies: 15,8%. Nie-werwingsdonasies: 41,9%. Skenkings van bypassende werkgewersbydrae-programme: 21,0%. Rente-inkomste: <0,1%. Tantieme: 0,1%. Ander Inkomste: <0,1%.

  • Die OTW word volledig ondersteun deur u donasies—dankie vir u vrygewigheid!
  • Ons ontvang ‘n beduidende gedeelte van ons jaarlikse skenkings gedurende die April en Oktober fondsinsameling-werwings, wat saam verantwoordelik is vir ongeveer 37% van ons inkomste vir 2022. Ons ontvang ook skenkings via bypassende werkgewersbydrae-programme, tantieme, Amazon Smile en PayPal Giving Fund, wat donasies van programme soos Humble Bundle en eBay for Charity bestuur. As u ons wil ondersteun terwyl u aankope maak op daardie webtuistes, kies asseblief die “Organization for Transformative Works” as u liefdadigheidsorganisasie!
  • Danksy u vrygewigheid tydens vorige jare het ons ‘n gesonde bedrag reserwefondse wat ons kan gebruik om aankope te maak wat groter is as die wat ons gewoonlik sou maak. Soos ons voorheen genoem het, beplan ons om die kapasiteit van die AO3-bedieners op te gradeer, wat bedienertoerusting- en bediener-gasheerkostes aansienlik sal verhoog. Die groei van die AO3 en ander OTW-projekte verg ook meer vrywilligers en administratiewe ondersteuning, wat die uitgawes verder verhoog. In die begroting-sigblad word ‘n onttrekking uit ons reserwes van VS$570 000,00 meer as die jaar se inkomste geprojekteer om die kostes te dek. Hierdie bedrag kan, soos nodig, gedurende die jaar onttrek word.
  • VS$55 432,30 sover ontvang (tot op 28 Februarie 2022) en dit word geprojekteer dat VS$190 290,00 ontvang sal word teen die einde van die jaar.

VS$55 432,30 geskenk; VS$134 837,70 oor

Enige vrae?

Indien u enige vrae oor die begroting of oor die OTW se finansies het, kontak asseblief die Finansiekomitee. Ons sal so gou as moontlik met u in verbinding tree!

Om ‘n sigblad van die OTW se 2022 begroting af te laai, volg asseblief hierdie skakel.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Report

Comments are closed.