OTW Finansies: 2022 Begroting Opdatering

Organisasie vir Transformerende Werke: 2022 Begroting Opdatering

Regdeur die jaar het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Finansiekomitee soos altyd verseker dat die organisasie se rekeninge betaal is, die inkomstebelasting-opgawes ingedien is en dat standaard rekeningkundige prosedures gevolg is. Die span het ook rekeningkundige strukture opgeknap om die OTW se finansiële aktiwiteite beter te weerspieël. Voorbereiding vir die 2021 oudit van finansiële state duur voort!

Die span het ook ywerig gewerk aan die opdatering van die 2022 begroting en is trots om dit aan u voor te lê (kry toegang tot die 2022 begroting-sigblad vir meer gedetailleerde inligting):

2022 Uitgawes

Uitgawes volgens program: Argief van Ons Eie: 66,8%. Oop Deure: 0,6%. Transformerende Werke en Kultuur: 0,4%. Fanlore: 3,4%. Regsvoorspraak: 0,7%. Konvensie Uitreike: 0,1%.  Toelaag – Vidding Boek: 0,1%. Administrasie: 13,5%. Fondsinsameling: 14,4%.

Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)

VS$290 688,25 spandeer; VS$85 498,19 oor

  • VS$290 688,25 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$376 186,44 vir die jaar, tot op 31 Julie 2022.
  • 66,8% van die OTW se uitgawes gaan aan die onderhoud van die AO3. Dit sluit die meerderheid van ons bediener-uitgawes—beide nuwe aankope sowel as deurlopende kolokasie en onderhoud—webwerf-werkverrigting moniterings-hulpmiddels en verskeie stelsel-verwante lisensies, sowel as ander kostes wat hieronder uitgewys is (kry toegang tot alle programuitgawes).
  • Vanjaar se opgedateerde beraamde AO3-uitgawes sluit ‘n beplande VS$42 000 in vir ‘n beskeie uitbreiding van bedienerkapasiteit. Die doel hiervan is om voort te gaan om webwerfverkeergroei doeltreffend te hanteer, asook om bestaande toerusting te vervang.

Fanlore

VS$14 564,40 spandeer; VS$4 712,50 oor

  • VS$14 564,40 spandeer uit ‘n totaal van VS$19 276,90 vir die jaar, tot op 31 Julie 2022.
  • Fanlore se uitgawes bestaan uit ‘n aanhalingshulpmiddel vir die wiki en instandhouding- en kolokasie-kostes (kry toegang tot alle programuitgawes).

Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur)

VS$275,00 spandeer; VS$2 074,00 oor

  • VS$275,00 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$2 349,00 vir die jaar, tot op 31 Julie 2022.
  • TWC se uitgawes is die gasheerkostes vir die joernaal se webtuiste, uitgewerskostes en stoorgelde (kry toegang tot alle programuitgawes).

Open Doors (Oop Deure)

VS$1 234,42 spandeer; VS$2 225,56 oor

  • VS$1 234,42 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$3 459,98 vir die jaar, tot op 31 Julie 2022.
  • Oop Deure se uitgawes sluit gasheer- en rugsteunkostes en die domeinkostes vir ingevoerde fanwerkargiewe, vervoerskostes verbonde aan die preservasie van fanwerke, en kaartjie-uitreiking sagteware in (kry toegang tot alle programuitgawes).

Legal Advocacy (Regsvoorspraak)

VS$0,00 spandeer; VS$$4 000,00 oor

  • VS$0,00 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$4 000,00 vir die jaar, tot op 31 Julie 2022.
  • Regsvoorspraak se uitgawes bestaan uit indieningsfooie en ander kostes verbonde aan konferensies en verhore (kry toegang tot alle programuitgawes).

Konvensie Uitreike

VS$0,00 spandeer; VS$780,00 oor

  • VS$0,00 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$780,00 vir die jaar, tot op 31 Julie 2022.
  • Begrote uitgawes sluit WorldCon-lidmaatskap vir vrywilligers om ChiCon by te woon en die OTW te verteenwoordig (kry toegang tot alle programuitgawes).

Toelaag vir F. Coppa se boek oor die Geskiedenis van Fanvidding

VS$660,00 spandeer; VS$0 oor

Fondsinsameling

VS$48 796,15 spandeer; VS$32 166,00 oor

  • VS$48 796,15 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$80 962,15 vir die jaar, tot op 31 Julie 2022.
  • Ons fondsinsamelings-kostes bestaan uit transaksiefooie wat deur ons derdeparty-betalingsverwerkers gehef word vir elke donasie; die aankoop en pos van dankie-sê geskenke; en die hulpmiddels wat gebruik word om gasheer te speel vir die OTW-lidmaatskapdatabasis en kommunikasie met skenkers en potensiële skenkers dop te hou (kry toegang tot alle programuitgawes).

Administrasie

VS$27 985,04 spandeer; VS$48 162,28 oor

  • VS$27 985,04 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$76 147,32 vir die jaar, tot op 31 Julie 2022.
  • The OTW se administratiewe uitgawes sluit in gasheerfooie vir ons webtuiste, handelsmerke, domeine, versekering, belasting indiening en die jaarlikse oudit van finansiële state, sowel as kommunikasie-, bestuur-, geënkripteerde dokumentstoorplek-, en rekeningkundige hulpmiddels (kry toegang tot alle programuitgawes).

2022 Inkomste

OTW inkomste: April werwingsdonasies: 46,6%. Oktober werwingsdonasies: 8,3%. Nie-werwingsdonasies: 33,2%. Skenkings van bypassende werkgewersbydrae-programme: 11,7%. Rente-inkomste: <0,1%. Tantieme: 0,1%. Ander Inkomste: <0,1%.

  • Die OTW word volledig ondersteun deur u donasies—dankie vir u vrygewigheid!
  • Ons ontvang ‘n beduidende gedeelte van ons jaarlikse skenkings gedurende die April en Oktober fondsinsameling-werwings, wat saam verantwoordelik is vir ongeveer 55% van ons inkomste vir 2022. Ons ontvang ook skenkings via bypassende werkgewersbydrae-programme, tantieme, Amazon Smile en PayPal Giving Fund, wat donasies van programme soos Humble Bundle en eBay for Charity bestuur. As u ons wil ondersteun terwyl u aankope maak op daardie webtuistes, kies asseblief die “Organization for Transformative Works” as u liefdadigheidsorganisasie!
  • VS$512 358,90 sover ontvang (tot op 31 Julie 2022) en daar word geprojekteer dat VS$600 118,51 ontvang sal word teen die einde van die jaar.

VS$512 358,90 geskenk; VS$87 759,61 oor

Enige vrae?

Indien u enige vrae oor die begroting of oor die OTW se finansies het, kontak asseblief die Finansiekomitee. Ons sal ook ‘n oop chat aanbied om enige vrae wat u mag hê te beantwoord. Hierdie chat sal egter in Engels plaasvind. Die Engelse weergawe van hierdie nuusplasing het meer inligting oor wanneer dit sal plaasvind en hoe om by die chat aan te sluit.

Om ‘n sigblad van die OTW se 2022 begroting af te laai, volg asseblief hierdie skakel.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Report

Comments are closed.