OTW Finansies: 2021 Begrotingsbywerking

Tydens 2021 het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Finansiekomitee soos altyd verseker dat die organisasie se rekeninge betaal, die inkomstebelasting-opgawes ingedien en die standaard rekeningkundige prosedures gevolg word. Voorbereiding vir die 2020 oudit van finansiële state is tans aan die gang!

Intussen het die span ywerig aan die 2021 begrotingsbywerking gewerk en is hulle opgewonde om dit hier aan u voor te lê (kry toegang tot die 2021 begrotingsigblad vir meer uitvoerige besonderhede):

2021 Uitgawes

Uitgawes per program: Argief van Ons Eie: 62,1%. Oop Deure: 0,3%. Transformerende Werke en Kultuur: 0,5%. Fanlore: 2,9%. Regsvoorspraak: 0,7%. Toelaag - Vidding Boek: 0,2% Administrasie: 16,2%. Fondsinsameling: 17,1%.

Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)

VS$125 025,02 spandeer; VS$102 050,46 oor

  • VS$125 025,02 is sover spandeer uit ‘n totaal van VS$227 075,48 vir die jaar, tot op 31 Julie 2021.
  • 62,1% van die OTW se uitgawes gaan na die instandhouding van die AO3. Dit sluit die meerderheid van ons bediener-uitgawes — vir nuwe aankope asook vir deurlopende kolokasie en onderhoud — webwerfprestasie moniterings-hulpmiddels en verskeie stelsel-verwante lisensies, asook ander kostes wat hieronder uitgewys is (kry toegang tot alle programuitgawes) in.
  • Hierdie jaar se beraamde AO3 uitgawes sluit ‘n beplande VS$100 000,00 in vir die uitbreiding van bedienerskapasiteit om die verwagte groei in die webtuiste se verkeer gedurende die jaar te hanteer.

Fanlore

VS$5 527,77 spandeer; VS$5 169,81 oor

  • VS$5 527,77 is sover spandeer uit ‘n totaal van VS$10 697,58 vir die jaar, tot op 31 Julie 2021.
  • Fanlore se uitgawes bestaan uit sy deel van die toegewysde bedienershardeware en instandhouding- en kolokasie-kostes (kry toegang tot alle programuitgawes).

Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke- en Kultuurkomitee)

VS$339,00 spandeer; VS$1 500,00 oor

  • VS$339,00 is sover spandeer uit ‘n totaal van VS$ 1 831,00 vir die jaar, tot op 31 Julie 2021.
  • Die TWC se uitgawes is die gasheerkostes vir die joernaal se webtuiste, uitgewerskostes en stoorgelde (kry toegang tot alle programuitgawes).

Open Doors (Oop Deure)

VS$450,48 spandeer; VS$710,37 oor

  • VS$450,48 is sover spandeer uit ‘n totaal van VS$1 160,85 vir die jaar, tot op 31 Julie 2021.
  • Oop Deure se uitgawes bestaan uit gasheer- en rugsteunkostes en die domeinkostes vir ingevoerde fanwerkargiewe (kry toegang tot alle programuitgawes).

Legal Advocacy (Regsvoorspraak)

VS$0,00 spandeer; VS$2 500,00 oor

  • VS$0,00 is sover spandeer uit ‘n totaal van VS$2500,00 vir die jaar, tot op 31 Julie 2021.
  • Regsvoorspraak se uitgawes bestaan uit indieningsfooie vir verskeie aktiwiteite, insluitend OTW handelsmerke (kry toegang tot alle programuitgawes).

Toelaag vir F. Coppa se boek oor die Geskiedenis van Fanvidding

VS$0,00 spandeer; VS$598,32 oor

  • VS$0,00 is sover spandeer uit ‘n totaal van VS$598,32 vir die jaar, tot op 31 Julie 2021.
  • Die fondse vir hierdie toelaag kom vanuit ‘n donasie wat in 2020 aan die OTW gemaak is vir die spesifieke doel om kostes te dek wat verband hou met die produksie van Francesca Coppa se boek oor die geskiedenis van fanvidding. Die Universiteit van Michigan sal die boek publiseer en gasheer speel tot die fanvids, asook die boek gratis beskikbaar maak vir enigiemand wat dit aanlyn wil lees en gebruik.
  • Begrote fondse is vir addisionele proeflees en publikasie (kry toegang tot alle programuitgawes).

Fondsinsameling

VS$31 423,46 spandeer; VS$31 224,00 oor

  • VS$31 423,46 is sover spandeer uit ‘n totaal van VS$62 647,46 vir die jaar, tot op 31 Julie 2021.
  • Ons fondsinsamelings-kostes bestaan uit transaksiefooie wat deur ons derdeparty-betalingsverwerkers gehef word vir elke donasie; die aankoop en pos van dankie-sê geskenke; en die hulpmiddels wat gebruik word om as gasheer te dien vir die OTW-lidmaatskapdatabasis en om kommunikasie met skenkers en potensiële skenkers dop te hou (kry toegang tot die fondsinsamelingsuitgawes).

Administrasie

VS$12 448,35 spandeer; VS$46 816,06 oor

  • VS$12 448,35 is sover spandeer uit ‘n totaal van VS$59 264,41 vir die jaar, tot op 31 Julie 2021.
  • The OTW se administratiewe uitgawes sluit in gasheerfooie vir ons webtuiste, domeine, versekering, belasting indiening en die jaarlikse oudit van finansiële state, sowel as kommunikasie-, bestuur- en rekeningkundige hulpmiddels (kry toegang tot alle administrasie-uitgawes).

2021 Inkomste

OTW inkomste: April werwingsdonasies: 49,7%. Oktober werwingsdonasies: 7,4%. Nie-werwingsdonasies: 34,9%. Skenkings van bypassende werkgewersbydrae-programme: 7,9%. Rente-inkomste: <0,1%. Tantieme: <0,1%. Ander Inkomste: <0,1%.

  • Die OTW word volledig ondersteun deur u skenkings—dankie vir u vrygewigheid!
  • Ons ontvang ‘n beduidende gedeelte van ons jaarlikse skenkings gedurende die April en Oktober fondsinsameling-werwings, wat saam verantwoordelik behoort te wees vir ongeveer 57% van ons inkomste vir 2021. Ons ontvang ook skenkings via bypassende werkgewersbydrae-programme, tantieme en Amazon Smile, asook PayPal Giving Fund, wat donasies van programme soos Humble Bundle en eBay for Charity bestuur. As u ons wil ondersteun terwyl u aankope maak op daardie webtuistes, kies asseblief die “Organization for Transformative Works” as u liefdadigheidsorganisasie!
  • Danksy u vrygewigheid tydens vorige jare het ons ‘n gesonde reserwefonds wat ons kan gebruik om aankope te maak wat groter is as die wat ons gewoonlik sou maak. Soos ons voorheen genoem het, beplan ons om die kapasiteit van die AO3-bedieners te vermeerder, wat bedienertoerusting- en bediener-gasheerkostes aansienlik sal verhoog. Die groei van die AO3 en ander OTW-projekte verg ook meer vrywilligers en administratiewe ondersteuning, wat die uitgawes verder verhoog.
  • VS$482 542,83 is sover ontvang (tot op 31 Julie 2021) en daar word geprojekteer dat VS$542 972,85 ontvang sal word teen die einde van die jaar.

VS$482 542,83 geskenk; VS$60 430,02 oor

Enige vrae?

Indien u enige vrae oor die begroting of oor die OTW se finansies het, kontak asseblief die Finansiekomitee. Ons bied ook ‘n publieke chat aan om vrae te beantwoord. Hierdie chat sal egter volledig in Engels plaasvind. Die Engelse weergawe van hierdie nuusberig bevat meer inligting oor wanneer dit sal plaasvind en hoe om aan die chat deel te neem.

Om ‘n sigblad van die OTW se 2021 begroting af te laai, volg asseblief hierdie skakel.

Report

Comments are closed.