OTW Finansies: 2021 Begroting

Gedurende die afgelope jaar het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Finansiekomitee soos altyd verseker dat die organisasie se rekeninge betaal, die inkomstebelasting-opgawes ingedien en die standaard rekeningkundige prosedures gevolg word. Voorbereiding vir die 2020 oudit van finansiële state is tans aan die gang!

Die span het ook ywerig gewerk om te voldoen aan die OTW se behoeftes vir 2021 en is trots om die jaar se begroting aan u voor te lê (kry toegang tot die 2021 begroting-sigblad vir meer gedetailleerde inligting):

2021 Uitgawes

Uitgawes volgens program: Argief van Ons Eie: 75,0%. Oop Deure: 0,2%. Transformerende Werke en Kultuur: 0,3%. Fanlore: 2,7%. Regsvoorspraak: 0,9%. Konvensie Uitreike: 0,1%. Toelaag - Vidding Boek: 0,1% Administrasie: 11,2%. Fondsinsameling: 9,5%.

Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)

VS$26 728,93 spandeer; VS$389 523,46 oor

  • VS$26 728,93 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$416 252,39 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2021.
  • 75,0% van die OTW se uitgawes gaan aan die onderhoud van die AO3. Dit sluit in die meerderheid van ons bediener-uitgawes—beide nuwe aankope sowel as deurlopende kolokasie en onderhoud—webwerfprestasie moniterings-hulpmiddels, en verskeie stelsel-verwante lisensies, sowel as ander kostes wat hieronder uitgewys is (kry toegang tot alle programuitgawes).
  • Hierdie jaar se beraamde AO3 uitgawes sluit ook VS$115 000,00 se kontrakteurs-kostes in—AO3 se versameling-soekfunksie skuif na Elasticsearch toe, AO3 word opgradeer na Rails 6.1, en ‘n eksterne oudit van die AO3 webtuiste word beplan om enige sekuriteitsprobleme wat reggestel moet word op te spoor.
  • AO3 uitgawes sluit ook ‘n beplande VS$203 000,00 vir die uitbreiding van bediener-kapasiteit in om die jaar se verwagte groei in webwerfverkeer te hanteer. Dit is moontlik dat sekere dele van hierdie taak uitgestel sal word tot volgende jaar, afhangende van verskeie omstandighede; die hersiende begroting wat later die jaar vrygestel sal word sal meer inligting bevat.

Fanlore

VS$1 017,54 spandeer; VS$14 234,12 oor

  • VS$1 017,54 spandeer uit ‘n totaal van VS$15 251,66 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2021.
  • Fanlore se uitgawes bestaan uit sy deel van die toegewysde bedienershardeware en instandhouding- en kolokasie-kostes (kry toegang tot alle program uitgawes).

Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur)

VS$339,00 spandeer; VS$1 492,00 oor

  • VS$339,00 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$ 1 831,00 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2021.
  • TWC se uitgawes is die gasheerkostes vir die joernaal se webtuiste, uitgewerskostes en stoorgelde (kry toegang tot alle programuitgawes).

Open Doors (Oop Deure)

VS$128,88 spandeer; VS$735,29 oor

  • VS$128,88 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$864,17 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2021.
  • Oop Deure se uitgawes bestaan uit gasheer- en rugsteunkostes en die domeinkostes vir ingevoerde fanwerkargiewe (kry toegang tot alle programuitgawes).

Legal Advocacy (Regsvoorspraak)

VS$0,00 spandeer; VS$5 000,00 oor

  • VS$0,00 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$5 000,00 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2021.
  • Regsvoorspraak se uitgawes bestaan uit indienings- en registrasiefooie vir konverensies en verhore (kry toegang tot alle programuitgawes).

Konvensie Uitreike

VS$0,00 spandeer; VS$500,00 oor

  • VS$0,00 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$500,00 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2021.
  • Begrote uitgawes sluit in VS$100,00 vir die vervaardiging van pamflette vir virtuale konvensies en VS$400,00 vir ander konvensie uitreik-aktiwiteite namens die OTW (kry toegang tot alle programuitgawes).

Toelaag vir F. Coppa se boek oor die Geskiedenis van Fanvidding

VS$0,00 spandeer; VS$598,32 oor

  • VS$0,00 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$598,32 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2021.
  • Die fondse vir hierdie toelaag kom vanuit ‘n donasie wat in 2020 aan die OTW gemaak is vir die spesifieke doel om kostes te dek wat verband hou met die produksie van Francesca Coppa se boek oor die geskiedenis van fanvidding. Die Universiteit van Michigan sal die boek publiseer en gasheer speel tot die fanvids, asook die boek gratis beskikbaar maak vir enige-iemand wat dit aanlyn wil lees en gebruik.
  • Begrote fondse is vir addisionele proeflees en publikasie (kry toegang tot alle programuitgawes).

Fondsinsameling

VS$5 657,33 spandeer; VS$46 906,67 oor

  • VS$5 657,33 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$52 564,00 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2021.
  • Ons fondsinsamelings-kostes bestaan uit transaksiefooie wat deur ons derdeparty-betalingsverwerkers gehef word vir elke donasie; die aankoop en pos van dankie-sê geskenke; en die hulpmiddels wat gebruik word om die OTW-lidmaatskapdatabasis te gasheer en kommunikasie met skenkers en potensiële skenkers dop te hou (kry toegang tot alle programuitgawes).

Administrasie

VS$3 154,33 spandeer; VS$58 757,48 oor

  • VS$3 154,33 sover spandeer uit ‘n totaal van VS$61 911,81 vir die jaar, tot op 28 Februarie 2021.
  • The OTW se administratiewe uitgawes sluit in gasheerfooie vir ons webtuiste, handelsmerke, domeine, versekering, belasting indiening en die jaarlikse oudit van finansiëlestate, sowel as kommunikasie-, bestuur- en rekeningkundige hulpmiddels (kry toegang tot alle programuitgawes).

2021 Inkomste

OTW inkomste: April werwingsdonasies: 13,9%. Oktober werwingsdonasies: 20,8%. Nie-werwingsdonasies: 55,4%. Skenkings van bypassende werkgewersbydrae-programme: 9,7%. Rente-inkomste: 0,1%. Tantieme: 0,1%. Ander Inkomste: <0,1%.

  • Die OTW word volledig ondersteun deur u skenkings—dankie vir u vrygewigheid!
  • Ons ontvang ‘n beduidende gedeelte van ons jaarlikse skenkings gedurende die April en Oktober fondsinsameling-werwings, wat saam verantwoordelik is vir ongeveer 35% van ons inkomste vir 2021. Ons ontvang ook skenkings via bypassende werkgewersbydrae-programme, tantieme en Amazon Smile; asook PayPal Giving Fund, wat donasies van programme soos Humble Bundle en eBay for Charity bestuur. As u ons wil ondersteun terwyl u aankope maak op daardie webtuistes, kies asseblief die “Organization for Transformative Works” as u liefdadigheidsorganisasie!
  • Danksy u vrygewigheid tydens vorige jare het ons ‘n gesonde bedrag reserwefondse wat ons kan gebruik om aankope te maak wat groter is as die wat ons gewoonlik sou maak. Soos ons voorheen genoem het, beplan ons om die kapasiteit van die AO3-bedieners op te gradeer, wat bedienertoerusting- en bediener-gasheerkostes aansienlik sal verhoog. Die groei van die AO3 en ander OTW-projekte verg ook meer vrywilligers en administratiewe ondersteuning, wat die uitgawes verder verhoog. In die begroting-sigblad word ‘n onttrekking uit ons reserwes van VS$195 000,00 meer as die jaar se inkomste geprojekteer om die kostes te dek. Hierdie bedrag kan, soos nodig, gedurende die jaar onttrek word.
  • VS$55 553,19 sover ontvang (tot op 28 Februarie 2021) en dit word geprojekteer dat VS$360 575,00 sal ontvang word teen die einde van die jaar.

VS$55 553,19 geskenk; VS$305 021,81 oor

Het u vrae?

Indien u enige vrae oor die begroting of oor die OTW se finansies het, kontak asseblief die Finansiekomitee. Ons bied ook ‘n publieke chat aan om vrae te beantwoord. Hierdie chat sal egter volledig in Engels plaasvind. Die Engelse weergawe van hierdie nuusberig bevat meer inligting oor wanneer dit sal plaasvind en hoe om aan die chat deel te neem.

Om ‘n sigblad van die OTW se 2021 begroting af te laai, volg asseblief hierdie skakel.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Organisasie vir Transformerende Werke: 2021 Begroting

Report

Comments are closed.