Open Doors (Oop Deure)

Die Open Doors (Oop Deure) projek is toegewy daaraan om skuiling te bied aan bedreigde fannish inhoud. Ons het verskeie sub-projekte en reddingspogings wat daarop gemik is om verskillende soorte fanwerke en artefakte van fankultuur te argiveer en bewaar.

Ons werk sluit in:

  • Spesiale Versamelinge: Die Spesiale Versamelinge Gallery sluit argiewe in wat gered is en andersins verlore sou gaan, en uitdagings wat op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) aangebied was, sowel as digitale projekte wat nie tans met die AO3 of Fanlore geïntegreer kan word nie. Dit sluit .pdfs, multimedia fanwerke, geskiedkundig belangrike fan webwerwe en ander digitale artefakte in.
  • Fan Culture Preservation Project (Fankultuur Bewaringsprojek): ’n Gesamentlike onderneming tussen die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) en die Spesiale Versamelinge departement by die Universiteit van Iowa om fantydskrifte en ander nie-digitale vorme van fankultuur te argiveer en bewaar.
  • GeoCities Rescue Project (GeoCities Reddingsprojek): ’n Projek wat daaraan toegewy is om fan webtuistes te bewaar wat andersins verlore sou gaan deur Yahoo se sluiting van GeoCities in Oktober 2009.
  • Yahoo Groups Rescue Project (Yahoo Groepe Reddingsprojek): ‘n Projek wat toegewy is aan die bewaring van fanfiksie, fankuns en meta wat op Yahoo Groups gestoor was en wat andersins verlore sou gaan na Verizon in Januarie 2020 Yahoo Groups gesluit het.
  • Vir meer inligting, besoek asseblief die Oop Deure webtuiste.