Ons Vier Internasionale Vrywilligersdag 2021

Sedert ons stigting in 2009 is die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) deur fans gebou en bestuur. Tot vandag toe bly dit waar: die OTW is ‘n organisasie wat deur fans vir fans gestig is, en daardie selfde fans dryf die OTW op elke vlak aan. In elkeen van ons komitees voer vrywilligers noodsaaklike take uit om te verseker dat al ons projekte aanhou funksioneer en vorentoe beweeg. Sonder hulle sou die OTW nie bestaan nie, en ons is ongelooflik dankbaar vir hul uiters belangrike werk.

Soos die OTW aanhou groei, groei ons vrywilligersmag saam met dit. Hierdie jaar het ons 1 000 vrywilligers verbygesteek – ‘n opwindende mylpaal! En dit sê niks van die vrywilligers van die verlede wat hul tyd gegee het om ons te ondersteun nie.

Hierdie Internasionale Vrywilligersdag vier ons al ons vrywilligers, verlede en hede. U bydraes word gesien en waardeer. Dankie vir alles wat u doen!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers.Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Event, Volunteering

Comments are closed.