Text reads 40,000 fandoms and shows the AO3 logo imposed over an image of the AO3 homepage, which shows that more than 40,000 fandoms are now represented on the site

Ons vier 40 000 Fandoms op die AO3

Die Etiket Organisasie Komitee kondig met vreugde aan dat ons die mylpaal van 40 000 fandoms op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bereik het!

Ons het verskeie fandom mylpale oor die jare bereik:

  • 5 000 fandoms rondom Nuwejaar, 2010
  • 10 000 fandoms in September 2012
  • 15 000 fandoms in April 2014
  • 20 000 fandoms in Desember 2015
  • 25 000 fandoms in Junie 2017
  • 30 000 fandoms in Oktober 2018
  • 35 000 fandoms in Desember 2019

Ons het hierdie keer besluit om die mylpaal te vier met hierdie berig, wat meer verduidelik oor hoe die Etiket Organisasie Komitee die etikette organiseer wat AO3 so maklik maak om te navigeer, selfs al hou ons aan groei. Ons het ook ‘n paar wenke ingesluit om u te help om u werke te etiketteer op ‘n manier wat beide u en die ander mense wat AO3 filters gebruik, sal bevoordeel.

Wat is ‘n Fandom, in elk geval?

Ons is bly dat u gevra het! In verband met etikette op AO3, kan ‘n fandom gedefinieer word as die oorspronklike media waar u karakters, verhoudings of ander konsepte vandaan kom. U kan byvoorbeeld deel wees van ‘n fandom vir die paring Hán Xìn/Lǐ Bái (King of Glory) maar etiket organiseerders sal die paring as deel van die 王者荣耀 | King of Glory (Video Game) fandom beskou, aangesien die twee karakters daarin ontstaan het.

Fandoms op AO3 sluit dinge in wat u dalk verwag, soos televisie programme, boeke, podcasts, video speletjies, flieks en bands, maar te danke aan ons kreatiewe gebruikers het ons ook fandoms vir dinge soos advertensies, personifikasies, bordspeletjies, parfuum versamelings en vele meer.

Ons deel 40 000 Fandoms met meer as 2.5 Miljoen mense

Selfs al is daar ongelooflike verskeidenheid in die soort fandoms op die AO3, het al hierdie fandoms ‘n verbasende hoeveelheid dinge in gemeen as dit kom by die name van karakters, gebeurtenisse en konsepte. Op AO3 word alle karakters, gebeurtenisse en konsepte deur etikette voorgestel! Met sulke groot gemeenskap van fans en meer wat daagliks by ons aansluit, het ons gevoel dat dit ‘n goeie tyd is om te verduidelik wat hierdie groei beteken terwyl ons werk om al hierdie fandoms makliker te maak vir gebruikers om te navigeer.

Etikette op AO3 word gedeel. Op hulle eie het hulle geen konteks of verhouding met ‘n ander etiket nie. Byvoorbeeld, as u die etiket Chester in die karakterveld sou tik, sal etiket organiseerders die nie by die filters vir Chester the Dog (Stranger Things) (Chester die Hond (Stranger Things) of Chester Campbell kan voeg nie, selfs al kon hulle aflei dat dit is wie u bedoel. Daar is net een “Chester” etiket, maak nie saak hoeveel keer dit gebruik word of vir hoeveel werke nie. Enige gebruiker kan hulle werk met Chester etiketteer wanneer hulle verwys na Chester die Hond, maar hulle mag dalk opeindig om daardie etiket met ‘n ander gebruiker te deel wat reeds die Chester etiket gebruik het om te verwys na Chester Campbell.

Etiket organiseerders kan nie werke skei wat presies dieselfde etiket gebruik nie-dis die hoof rede waarom organiseerders probeer om filtreerbare (of ‘kanonieke’) etikette so spesifiek as moontlik te maak. Etikette wat ondubbelsinnig, fandom-spesifiek en kanoniek is help almal om werke oor die fandoms, karakters, verhoudings en addisionele konsepte wat hulle soek in die filters waar hulle dit verwag, te vind.

Indien u ontdek dat u werk gelys word in ‘n ander filter as wat u verwag, kan u probeer om die etiket te redigeer sodat dit duideliker sal wees. Byvoorbeeld, Penny Parker is ‘n karakter op die TV-program MacGyver, maar ook ‘n algemene naam vir vroulike Peter Parker (beter bekend as Spider-Man). As u, u werk oor vroulike Peter Parker slegs etiketteer met “Penny Parker” in die karakterveld, sal u werk opeindig in die filters van die MacGyver karkater, aangesien etiket organiseerders nie kan onderskei tussen gebruike van slegs “Penny Parker” vir die MacGyver karakter of vroulike Peter Parker nie. Dit is nie ideaal vir MacGyver- óf vroulike Peter Parker-fans nie!

Om te verseker dat u werk oor vroulike Peter Parker in Peter Parker se filters opeindig, waar ander Spider-Man fans dit ook kan geniet, kan u oorweeg om eerder ‘n gespesifiseerde etiket soos “Penny Parker (girl!Peter) te gerbuik. U kan ook ‘n addisionele etiket soos Female Peter Parker (Vroulike Peter Parker) aan u werk heg om ander gebruikers te help om dit te vind.

Indien u vir die eerste keer ‘n werk plaas met ‘n etiket, is dit dalk ‘n goeie idee om te kyk na die ander werke in die filter. U mag dalk ontdek dat ‘n ander fandom ‘n ander betekenis gegee het aan ‘n etiket van ‘n fandom wat u ken en lief het.

Hoe om die Meeste te Maak van Etikettering

In 2019 het etiket organiseerders gesamentlik ongeveer 2.7 Miljoen etikette georganiseer. Etiket organiseerders werk baie hard om u etikette te verbind. Hulle help om u werke maklik vindbaar te maak, sodat ander gebruikers u werke net soveel kan geniet soos wat u dit geniet het om die werke te skep.

Met daardie doel in gedagte, het ons ‘n paar wenke wat etiket organiseerders kan help om u werke of boekmerke in die filters te plaas waar u hulle wil hê. (Moet asseblief nie kommentaar lewer op die werke van ander gebruikers om hulle te vra om hierdie te doen nie – die wenke is vir u eie werke alleenlik!)

Plaas u etikette in die korrekte etiket kategorieë wanneer u, u werke plaas. Met ander woorder, fandom name kom in die Fandoms veld, verhoudings in die Relationships (Verhoudings) veld en die name van karakters in die Characters (Karakters) veld. Vir enige iets wat nie onder hierdie velde pas nie, gebruik Additional Tags (Addisionele Etikette).

Voeg kleiner rolle in die Addisionele Etikette veld by. Indien ‘n fandom, karakter of verhouding slegs ‘n vinnige verwysing in u werk ontvang, kan u dit onder “Addisionele Etikette” plaas. DIt sluit etikette soos Ru Pauls drag race references (Verwysings na Ru Paul’s drag race), Yagi Toshinori Is Mentioned (Yagi Toshinori word genoem) en Small Mention of Flynn/Yuri (Klein verwysing na Flynn/Yuri) in. So sal ander gebruikers weet dat u werk nie hoofsaaklik oor Ru Paul’s Drag Race, Yagi Toshinori of Yuri Lowell/Flynn Scifo gaan nie (wat hulle mag dink as u hierdie etikette in die fandom, karakter of verhouding velde sou plaas).

Maak seker dat u etikette korrek geskei word. Wanneer u klomp etikette intik, kan hulle deur kommas geskei word of u kan “Enter” gebruik op u sleutelbord. Aangesien kommas etikette in die databasis skei, sal u nie etikette kan skep wat kommas bevat nie (dit sal die etiket in twee dele skei). (Let asseblief dat Chinese of Japanese kommas nie noodwendig as skeiers sal werk nie).

Maak seker dat elke etiket net een konsep bevat. (Een fandom, een karakter, een verhouding, een gebeurtenis, ens.)

Maak seker dat die etikette selfstandig is. (Met ander woorde, geen addisionele konteks word benodig om te verstaan waarna die etiket verwys nie.) Probeer om karakters se volle name te gebruik. Indien hulle nie ‘n van het nie, oorweeg dit om die fandom by te voeg om hulle van ander karakters met dieselfde naam te onderskei, soos volg: Undyne (Undertale).

Gebruik die Addisionele Etikette veld om enige temas, genres, gebeurtenisse, squicks, snellers, ens. by te voeg wat u dink ‘n gebruiker sal wil weet wanneer hulle besluit of hulle in u werk belangstel of nie.

Let op vir korrekte spelling en maak dubbel seker van u etikette voor u dit plaas.

Vir wenke oor hoe om Regte-persoonsfiksie en platoniese of nie-romantiese verhoudings te etiketteer, verwys na die raad in ons vorige vieringsberig of die Etikette Algemene Vrae.

Let wel dat hierdie etiketteringsvoorstelle nie bedoel is om u te verhinder om kreatiewelik te etiketteer vir verskillende onderwerpe nie! Etiket organiseerders hou van kreatiewe etikette en kan soms selfs die konsepte kononiseer. Erik Lehnsherr’s Terrible Fashion Sense (Erik Lehnsherr se Slegte Sin vir Mode) is net een van die vele vreugdevolle etikette wat ons laat giggel.

Indien u enige vrae het oor etiket organisering, verwys asseblief na die Etikette Algemene Vrae. Indien u vraag steeds nie beantwoord is nie, verduidelik die algemene vrae ook hoe om direk met etiket organiseerders in kontak te kom.

Moet asseblief nie kommentaar lewer op hierdie berig met vrae of versoeke oor spesifieke etikette nie. Hulle sal geen antwoord ontvang nie, aangesien etiket organiseerders nie maklik die vrae van hier af kan opspoor nie. Gebruik eerder die bogenoemde opsies om ons te kontak. Dankie!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui