Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)
AO3 bied ‘n nie-kommersiële en nie-winsgewende sentrale gasheerplek vir fanfiksie en ander transformerende fanwerke, met behulp van oopbron-argiveringsagteware.
Fanlore
Fanlore, ‘n fandom-wiki, is toegewy aan die behoud van die geskiedenis van transformerende fanwerke en die fandoms waaruit hulle ontstaan het.
Legal Advocacy (Regsvoorspraak)
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is daartoe verbind om fanwerke te beskerm en te verdedig teen kommersiële uitbuiting en wettige uitdaging.
Open Doors (Oop Deure)
Oop Deure bied ‘n tuiste aan hoë-risiko fanprojekte. Subprojekte sluit die Fan Culture Preservation Project (Fankultuur Bewaringsprojek), wat fanzines en ander nie-digitale vorme van fankultuur bewaar, en die GeoCities Rescue Project (GeoCities Reddingsprojek) in.
Ons Fanstudies Projekte
Fanhackers
Die OTW publiseer ‘n blog vir die bespreking van fannish meta-onderwerpe en fan-perspektiewe op fan- en mediastudies.
Fanvideo en Multimedia
Ons multimedia-projekte bestaan tans uit die Fan Video Roadmap (Fanvideo-Bloudruk), die Vidding History (Vidding Geskiedenis)-projek, wat die Test Suite of Fair Use Vids (Toetspakket vir die Billike Gebruik van Fanvideos) insluit, en ‘n aantal hulpbron-blaaie vir fanvideo-skeppers, insluitend voorstelle vir waar u u video kan laat berg en aanwysings vir die inbedding van fanvideos by die AO3.
Fan Fiction Studies Reader (Fanfiksie Studies Leser)
Hierdie versameling vertoon die historiese wortels van fanstudies, en terwyl fanstudies uitbrei en in nuwe rigtings beweeg, bly dit noodsaaklik om te weet waar ons vandaan kom om te verstaan waarheen ons op pad is.
Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur)
TWC is ‘n portuurbeoordeelde vaktydskrif wat beoog om die studie van fanwerke en -praktyke te bevorder.
Zotero Fanstudies Bibliografie
Omvattende bibliografie van fan studies onderhou deur Nele en Karen van TWC.