Ons Bied Nuwe OTW Geskenke vir Jarelange Lidmate Aan

Gedurende Oktober se lidmaatskap werwing het ons aangekondig dat ons werk aan ‘n manier om die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se lojaalste ondersteuners te vier. Ons is opgewonde om die nuwe eksklusiewe geskenke te deel wat ons ontwerp het om drie, vyf en tien jaar aaneenlopende lidmaatskap te herdenk!

Almal wat ‘n lid vir ten minste die laaste 3 jaar teen die einde van 2020 was, kwalifiseer nou om ‘n splinternuwe OTW boekmerk te ontvang wat spesiaal vir die geleentheid ontwerp is:

Boekmerk met die inskrywing "3-jaar lid" en die OTW logo.
(kies prentjie om te vergroot)

Vir ons vyf-jaar lede het ons ‘n lieflike plakker voorberei wat op ‘n verskeidenheid opervlaktes geplak kan word; van waterbottels tot skootrekenaars. Indien u al vir vyf jaar ‘n lid was, kwalifiseer u om beide die plakker en die boekmerk te ontvang!

’n Plakker met die inskrywing "5-jaar lid van die Organisasie vir Transformerende Werke" en die OTW logo in die middel.
(kies prentjie om te vergroot)

Laastens, om tien jaar van lidmaatskap aan te dui, het ons die perfekte magneet vir u yskas of enige metaal kabinet. Enige iemand wat so lank al ‘n lid was, kan natuurlik al drie geskenke gelyktydig ontvang!

Magneet met die inskrywing "Lid van die Organisasie vir Transformerende Werke vir 10 jaar" en die OTW logo.
(kies prentjie om te vergroot)

Ons gaan begin om hierdie geskenke aan almal wat aan die einde van 2020 gekwalifiseer het, aan die begin van volgende jaar te pos, en dan een keer per jaar daarna. Al wat u hoef te doen om u geskenke te ontvang is u adres bevestig! Wanneer u okal kwalifiseer vir ‘n geskenk sal ons ‘n epos stuur om u te vra om u posadres te bevestig, so hou ‘n ogie op u inboks! (Let wel dat, indien u gekies het om nie eposse van die OTW te ontvang nie, u dalk nie hierdie epos en u geskenk sal ontvang nie. Kontak gerus die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee indien u enige vrae het.)

Die werk van die OTW is slegs moontlik te danke aan u donasies. Ons waardeer al ons lede opreg, ongeag of u ‘n enkele donasie gemaak het of ons al van die begin af ondersteun. Indien u belangstel om ‘n lid te word, hoef u slegs “Yes” (Ja) te antwoord op die vraag “Do you want to be an OTW member? ($10 minimum donation)” (Wil u ;n lid van die OTW wees? (Minimum VS$10 donasie)) op die donasievorm wanneer u ’n donasie maak van VS$10 of meer. Behalwe vir feestelike geskenke om ons waardeering te toon, sal OTW lidmaatskap u toelaat om te stem in die verkiesing vir die OTW Raad van Direkteure! As u nie seker is hoe lank u al ‘n lid was nie of enige ander vrae het, kontak gerus die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende voorsaat organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span vryvillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsbladsy.

Announcement

Comments are closed.