
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is ‘n liefdesarbeid. Dit is geskep deur fans, vir fans. Ons is ‘n nie-winsgewende organisasie en berus 100% op donasies: die donasie van tyd van ons vrywilligers, en die donasie van fondse uit die gemeenskap wat ons dien. Vandag is die begin van ons tweejaarlikse lidmaatskapwerwing, wanneer ons vra dat diegene wat dit kan doen, sal oorweeg om ‘n finansiële bydrae te maak om ons werk te ondersteun. U kan lees oor hoe ons u geld spandeer in ons begroting.
U donasies aan die OTW ondersteun ons werk regoor al ons projekte: van die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) na Fanlore; van ons akademiese joernaal, Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur), na ons fanwerke reddingsprojek Open Doors (Oop Deure) en ons Regskomitee se voorspraak vir transformerende werke wêreldwyd. Skenkers baat ook meer direk. Met ‘n eenmalige skenking van VS$10 of meer, kan u besluit om ‘n jaarlikse lidmaatskap tot die OTW uit te neem, wat u die reg gee om vir ons Raad van Direkteure te stem in die verkiesing wat ons elke jaar in Augustus hou.
Lede ontvang ook ‘n spesiale digitale ikoon wat u op u AO3 profiel of op sosiale media kan gebruik; en diegene wat al OTW lede vir drie, vyf, of tien jaar is, kom in aanmerking vir eksklusiewe herdenkingsgeskenke. Vind meer uit oor die stemproses en lidmaatskap hier.
Diegene wat donasies van VS$40 of meer maak kan kies van ‘n verskeidenheid van bedankingsgeskenke. Nuwe geskenke hierdie jaar is ‘n beperkte uitgawe wit OTW glas en ‘n splinternuwe plakkerstel. As u nie ‘n donasie van hierdie grootte kan bekostig nie, moenie bekommerd wees nie: u kan kies om ‘n herhalende betaling op te stel op ‘n vlak wat u pas en ons Ontwikkeling en Litmaakskapkomitee te laat weet watter item of bedrag u voor wil spaar. Sodra u donasies die wenslike vlak bereik het, sal hulle u geskenk vir u stuur.
Die OTW is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie in die VSA, en skenkers in hierdie land kan moontlik voordeel trek uit bypassende donasie skemas van hul werkgewer. Oorweeg dit om by u werkgewer uit te vind of dit vir u ‘n moontlikheid is!
As u nie hierdie keer ‘n donasie kan maak nie, oorweeg dit asseblief om hierdie berig met ander te deel, en weet dat ons u ondersteuning waardeer hoe ook al u dit kan gee. Dankie vir u geld, u tyd en u liefde. Sonder dit sou ons nie hier kon wees nie!