Mei 2020 Nuusbrief, Volume 178

I. RAAD VAN DIREKTEURE NUUS

Die Raad weet dat dit sy interne en eksterne kommunikasie moet verbeter as dit kom by nuus oor voortslepende projekte. Ons het dus onlangs ’n bywerking gedeel oor die beloftes wat ons in 2020 gemaak het om rassisme op ons platforms te beveg. Ons verstaan dat dit dikwels frustrerend is vir beide vrywilligers en fans wanneer verskeie besprekings en projekte lank vat om voort te beweeg. Die Raad sal sy beste doen om voortdurend inligting oor die vordering van hierdie projekte te verskaf.

Ons het ook ’n openbare vergadering geskeduleer vir 2 Julie om 18:00 UTC + 2 (CAT) (Hoe laat is dit vir my?), waar enige teenwoordige persoon welkom sal wees om vrae te vra. Die vergaderings word gehou op die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Raad se Discord bediener.

Rakende die onderwerp van kunsmatige intelligensie, het ons ’n nuusberig gepubliseer wat ons huidige standpunt oor kunsmatige intelligensie en data skraping verduidelik, sowel as die stappe wat ons geneem het rakende data skraping van Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) werke sover. Op die oomblik verbied AO3 se dienswoorwaardes nie werke wat (ten volle of gedeeltelik) met behulp van kunsmatige intelligensie hulpmiddels geskep is nie. In Desember 2022 het die AO3 ontwikkeling span kode ontplooi wat Common Crawler—die skraper vir datastelle wat gebruik word om ChatGPT en ander modelle op te lei—verbied om data op AO3 te versamel. Sien asseblief Kunsmatige Intelligensie en Data Skraping op AO3 om meer oor hierdie onderwerp te lees.

Rakende pogings om teistering, rassisme en onverdraagsaamheid te beveg op ons webwerf en in ons organisasie, het die Raad laasjaar ’n Diversiteitskonsultant Navorsingsbeampte aangestel. Hul taak is om inligting te versamel oor wat die OTW se verseistes sou wees vir ’n Diversiteitskonsultant, in verbinding te tree met voornemende maatskappye wat gepas is tot to die rol, en om kandidate voor te stel vir die Raad om van te kies. Die beampte is tans besig om onderhoude te voer met OTW vrywilligers en ’n lys te maak van moontlike firmas wat die OTW kan nader.

Nog ’n aangaande proses met dieselfde doel is ’n hersiening van AO3 se Diensvoorwaardes, wat in 2020 begin het. Hoewel die hersiening nog aan die gang is, het die Beleidsmisbruik- en Regspanne saamgestem oor sommige veranderinge ten opsigte van teistering oor die algemeen, en oor werke wat geskep is met die doel om AO3 onverwelkomend te maak, wat ons glo sal waardevol wees om ons anderskleurige fans te beskerm teen rassistiese teistering in die toekoms.

II. BY DIE AO3

In Mei het Oop Deure die invoer van Viggorli Secret Santa, ’n Lord of The Rings Regtepersoonfiksie geskenk uitruiling gefokus op die Viggo Mortensen/Orlando Bloom paring. Oop Deure het ook die invoer van The Weir/McKay Fanfiction Archive, ’n Stargate Atlantis fanfiksie argief, aangekondig.

Die Beleidsmisbruik-komitee het “net” 1 999 kaartjies in April ontvang! Ons hou van mooi ewegetalle, maar 1 999 is ook ’n lekker getal. Toe ons dié geskryf het, het die Ondersteuningkomitee bietjie minder kaartjies ontvang, met ’n geprojekteerde totaal van rondom 1 500 vir Mei.

Intussen het die Etiket Organisasie Komitee
meer as 472 000 etikette oor meer as 57 000 fandoms organiseer, wat meer as ’n duisend etikette per aktiewe organiseerder is!

III. FANLORE UITREIK

Mei was ’n besige maand vir Fanlore. Sy redigerings-chat in sy Discord bediener, gefokus op skakel argivering, was ’n reuse sukses. Dankie aan almal wat deelgeneem het! Fanlore het ook Tekenprent Maand oor al sy sosiale kanale gevier. Gaan kyk gerus na die bladsye wat uitgelig is op die Fanlore Tumblr bladsy.

Dit is nie te laat om deel te neem aan Fanlore se onlangse aktiwiteite nie! Sy jaarlikse Fanlore Bingo Uitdaging is aan die gang vanaf Maandag 5 Junie tot Sondag 18 Junie, en die tema is Groente en Vrugte! Enige Fanlore besoekers en redakteurs, beide oud en nuut, word genooi om deel te neem.

Fanlore het ook ’n splinternuwe hulpladsy, Help:Professional_Fanworks.

IV. RAAD VAN DIREKTEURE VERKIESING

Die Verkiesingskomitee
is besig om voor te berei vir die 2023 verkiesingseisoen! Die Raad van Direkteure het ’n bywerking aan die Verkiesingskomitee se verkiesbaarheidsvereistes in Mei goedgekeur om te spesifiseer dat alle kandidate 18 moet wees wanneer hulle hul kandidaatskap verklaar.

As u graag hierdie jaar wil stem is die sperdatum om ’n lid te word 30 Junie. Om in aanmerking te wees vir lidmaatskap moet u ’n donasie van ten minste VS$10 tussen 1 Julie 2022 en 30 Junie 2023 maak en die “Ja” blokkie merk om te spesifiseer dat u ’n lid wil word. As u skenking kwitansie aandui dat u “Nee” gemerk het vir lidmaatskap, kan u steeds in verbinding tree met die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur middel van ons kontak vorm en versoek dat u skenking rekord opdateer word sodat u hierdie jaar kan stem!

V. ELDERS BY DIE OTW

Die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee begin konvensie uitreik werk. Sy eerste uitstappie hierdie jaar was by Eurocon in Swede (8-11 Junie). Die Regskomitee het saam met die Kommunikasie komitee gewerk om die Junie uitgawe van OTW Signal, gefokus op die VS Hooggeregshof se beslissing in die billike gebruik saak van Goldsmith v. Warhol. Alhoewel die saak se uitkoms verskil van dit wat die OTW voorgestaan het, is die hof se besluit beperk en sal dit waarskynlik nie ’n impak op fanwerke, veral nie-kommersiële fanwerke, hê nie.

Laastens het die Transformerende Werke- en Kultuurkomitee (TWC)
onlangs ’n nuwe spesiale uitgawe oor Kunsmatige Intelligensie en Fandom aangekondig – inskrywings sluit 1 Januarie 2024. TWC aanvaar ook steeds inskrywings vir sy spesiale uitgawe, Sentreer Swartheid in Fan Studies, tot 1 Julie 2023.

VI. DIT GAAN ALLES OOR ONS MENSE

Van 25 April to 24 Mei het die Vrywilligers en Werwingskomitee 85 nuwe versoeke ontvang en 68 voltooi, wat ons met 73 oop versoeke gelaat het (insluitende die induksie en verwyderingstake hieronder gelys).

Op 24 Mei 2023 het die OTW 916 vrywilligers. \o/ Onlangse personeel beweging word hieronder gelys.

Nuwe Komitee Voorsitters: Claudia Rebaza & Eskici (Kommunikasie)
Nuwe Ontwikkeling en Lidmaatskap Vrywilligers: Elsinore (Konvensie Spesialis)
Nuwe Finansies Vrywilligers: Monica Barraclough (Finansiele Analis)
Nuwe Etiket Organiseerder Vrywilligers: Aletheran, Ali F, AlienOnTheRun, AllisonT, Ann-ul-Haq Leghari, B. Raven, daydreamorama, Evan, Felipe, Fir D, Grimsleigh, Isha, Izzy Wellert, juniverse, Jyka, Kanna, LadyOrpheus, lianneder, Lility, Linacs, Loth, lifeisyetfair, mblematic, Meep Linger, Mello, Montserrat, Monty, Morgan, OldScoil, PhaedraDB, Raiynn, Ranthy, RedRowan, Riella, Saturnina, Severyn, Skye, Solarium, Toffee, Wax en 1 ander Etiket Organiseerder
Nuwe Vertaling Vrywilligers: Eskici (Vrywilliger Bestuurder)
Nuwe TWC Vrywilligers: 1 Proefleser

Uitgaande Komitee Voorsitters: Jess Hindes & Kirsten Korona (Kommunikasie)
Uitgaande Oop Deure Vrywilligers: Francesca Coppa en 1 ander Invoer Assistent
Uitgaande Etiket Organiseerder Vrywilligers: Ohsodeluded en 4 ander Etiket Organiseerders
Uitgaande Vertaling Vrywilligers: Mirissa en 4 ander Vertalers

Vir meer inligting oor die omvang van ons komitees, verwys asseblief na die komiteelys op ons webwerf.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Newsletter

Comments are closed.