
I. FANDOM IN KLEUR BY FANLORE
In Julie het Fanlore ’n goeie maand met die tema Fandom in Kleur gehad, met bladsye van alle soorte verwant aan karakters van kleur; geleenthede en gemeenskappe wat hulle vier; en artikels, besprekings en fan aktivisme rondom ras en fandom. U kan na al die bladsye en onderwerpe wat deur Fanlore uitgelig is gaan kyk deur die Fandom in Kleur toegewyde etiket op Tumblr te gebruik. (Of #FandominColor as u Twitter verkies!) Fanlore het ook ’n Discord redigeer chat met dieselfde tema gehou wat tot uitstekende besprekings, veranderinge en nuwe bladsye gelei het — dankie aan almal wat saamgekom het!
II. BY DIE ARCHIVE OF OUR OWN – AO3 (Argief van Ons Eie)
AO3 Dokumentasie-komitee het bywerkings tot twee Algemene Vrae dokumente voltooi in Julie: die Profiel Algemene Vrae en die Skuilneme Algemene Vrae. Intussen het, Oop Deure die invoer van FrodoHealers, ’n Lord of the Rings hurt/comfort en angst argief, voltooi.
AO3 se Beleidsmisbruik-komitee en Ondersteuningkomitee spanne word steeds geaffekteer deur die kwaadwillige e-pos aanvalle van Mei 2022. Die Beleidsmisbruik-komitee het 1311 kaartjies in Junie ontvang, terwyl die Ondersteuningskomitee op pad was om ongeveer 1400 kaartjies in Julie te ontvang toe hierdie nuusbrief geskryf is.
In Julie het etiket organiseerders die proses begin om nuwe prosedures in plek te stel wat hulle sal toelaat om die besprekingsproses te heropen vir aansienlike riglyn bywerkinge. Dit sal Etiket Organisering toelaat om op datum te bly met verbeteringe in hoe om ongewone situasies te hanteer soos die argief aanhou groei. In Junie het etiket organiseerders meer as 390 000 etikette oor meer as 50 500 fandoms hanteer!
III. ELDERS BY DIE OTW (ORGANISASIE VIR TRANSFORMERENDE WERKE)
Fanlore het die skep van ’n nuwe gebruikergroep op Fanlore, ExtendedConfirmed, aangekondig, wat behoort te help beskerm teen misbruik van die lêer oplaai funksie deur oplaai-regte aan nuwe gebruikers toe te ken nadat hulle vir ’n rukkie op Fanlore was en ’n paar veranderinge gemaak het. U kan meer hieroor lees in die Fanlore Nuus afdeling.
Regskomitee Voorsitter Betsy het op twee panele by die San Diego Comic Con voorleggings aangebied laat in Julie. Een voorlegging was oor fanklubs en intellektuele eiendomsreg, en die ander was oor intellektuele vryheid vir opvoeders. Die Regskomitee het ook gereageer op ’n aantal gebruikersvrae in Julie, insluitende om fans te help om uit te werk hoe om te keer dat hulle fanwerke deur vermaaklikheidsmaatskappye uitgebuit word sonder toestemming.
Die Sisteemkomitee se datasentrum het van sy nuwe databasis bedieners ontvang, en is besig om toetse te doen voordat hulle oorgeskuif word na voorbereiding vir diens. Daarby werk die Sisteemkomitee aan foutiewe hardeware vervangings, werk saam met die Vrywilligers en Werwingskomitee aan komende veranderinge aan ons e-pos infrastruktuur, en span saam met die Webkomitee om seker te maak minder e-posse van die OTW se webtuistes word as strooipos identifiseer.
Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke- en Kultuurkomitee) se September 2022 uitgawe is tans in produksie. Daarby sien TWC uit daarna om saam te werk met met twee nuwe hersieningsredakteure wie aangesluit het.
IV. BESTUUR
Die Raad van Direkteure het hierdie maand aanhou skakel met ander komitees om die gevolge van die e-pos aanvalle te hanteer. Dit het ook ’n publieke raadsvergadering vir hierdie kwartaal gehou op 15 Julie, en die notule vir die vergadering sal geplaas word op die OTW se webblad. Onder andere het die Raad heelwat vrae beantwoord oor ons Diversiteit Navorsingsbeampte rol.
Die Verkiesingskomitee (en hierdie jaar se kandidate vir die Raad van Direkteure verkiesing) het ’n baie besige maand gehad, en het drie stelle kandidaat vraag en antwoorde geplaas, en vier kandidaat chats gehou. U kan dit vind op die Verkiesings webblad.
As u ’n OTW lid is wie geregtig is om te stem in hierdie jaar se verkiesing sou u u Steminstruksies deur ’n e-pos van die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee ontvang het. Vertaalde weergawes van hierdie instruksies sal ook op ons webblad beskikbaar wees, danksy die Vertaalkomitee, wie se spanne ook kandidate se biografieë en platforms vertaal het. As u enige navrae het, kan u met die Verkiesingskomitee in verbinding tree deur die webblad kontakvorm. Die verkiesing sal van 12 tot 15 Augustus gehou word, en u stembrief sal deur die e-pos adres kom wat u gegee het toe u geskenk het. Die Verkiesingskomitee wil ons kandidate bedank en hulle sterkte toewens!
V. ALLES OOR ONS MENSE
Vanaf 25 Junie tot 24 Julie het die Vrywilligers en Werwingskomitee 49 nuwe versoeke ontvang en 68 voltooi, wat ons met 47 oop versoeke laat (insluitende die induksie- en verwyderings-take hieronder gelys).
Op 24 Junie 2022 het die OTW 955 vrywilligers. \o/ Onlangse personeelskuiwe word hieronder gelys.
Nuwe Komitee Voorsitters: Frost the Fox (Sisteemkomitee)
Nuwe Oop Deure Vrywilligers: Jennifer D2, Moony, & 4 invoer assistente
Nuwe Strategiese Beplanningskomitee Vrywilligers: Dan-i & Emilie Waggoner
Nuwe Ondersteuningkomitee Vrywilligers: Ruquas
Nuwe Vertalingskomitee Vrywilligers: Rhea (Vertaler)
Nuwe Transformerende Werke- en Kultuurkomitee Vrywilligers: Melanie Kohnen and RY Lee (Hersieningsredakteure)
Vertrekkende Komitee Voorsitters: Matthew Vernon (Sisteemkomitee)
Vertrekkende Oop Deure Vrywilligers: 2 administratiewe vrywilligers
Vertrekkende Beleidsmisbruik Vrywilligers: Zhal
Vertrekkende Sisteemkomitee Vrywilligers: 1 Tegniese Skrywer
Vertrekkende Etiket Organiseerder Vrywilligers: Alastaire, Putri, ragingrainbow, Reginahalliwell, Sarah Jacobson & Zhirong
Vertrekkende Vertalingskomitee Vrywilligers: Rucha en 2 ander vertalers
Vir meer inligting oor die omvang van ons komitees, gaan kyk asseblief na ons komiteelys op ons webtuiste.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende voorsaat organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oope Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasi-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vryvillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.