
Vandag is Internasionale Vrywilligersdag. Ons wil al die wonderlike vrywilligers bedank wat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) aan die gang hou. Die OTW het tans 894 vrywilligers in 18 komitees – en ‘n klomp van hierdie vrywilligers het meer as een rol in die organisasie! Verder werk sommige van ons vrywilligers al vir ‘n besondere lang tyd vir die OTW! Daar is 6 vrywilligers wat al hier was van die begin af en 37 wat al 10 jaar of langer betrokke was. Ons kan u nie genoeg bedank vir jare se diens nie.
As ‘n vrywilligersorganisasie is ons bewus dat ons vrywilligers ons werk rondom hulle ander verantwoordelikhede inpas en ons is oneindig dankbaar. Dit is hulle wat seker maak dat al ons projekte korrek funksioneer. Hulle maak ons missie moontlik. Aan al ons vrywilligers: baie dankie vir alles wat julle doen.
Indien u dit oorweeg om meer betrokke te raak by die OTW, sal ons u met graagte verwelkom! Ons werf gereeld gedurende die jaar, so as u gewonder het hoe om betrokke te raak by die OTW of een van u gunsteling projekte, besoek ons werwingsblad! Geleenthede sal hier geplaas word soos wat dit beskikbaar raak.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers.Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.