Internasionale Fanwerkdag 2022 is op pad

Maak gereed: Internasionale Fanwerkdag is net een maand weg! Internasionale Fanwerkdag (of “IFD”, die Engelse akroniem) is gestig in 2014 deur die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke). Dit is ’n viering van alle soorte fanwerke, en word jaarliks gehou op 15 Februarie. Hierdie jaar vier ons die 8ste jaarlikse IFD!

Hier by die OTW is ons tema hierdie jaar Klassieke Fanwerke en ons laat u toe om “klassiek” te definieer hoe u ook al wil. Dit kan die werke wees wat die ruggraat vorm van u fandom, of dit kan daardie werke wees waarna u keer op keer terugkeer – die werke wat u as “kern leesstof” beskou. U kan deelneem hoe u ook al wil, maar hier is drie voorstelle:

  • Skep aanbevelingslyste van hierdie werke en deel hulle as deel van die Terugvoerfees wat op 13 Februarie begin
  • Skryf oor wat u gunsteling werke vir u beteken het oor die jare, in ’n opstel of op sosiale media
  • Neem deel aan ons IFD kortform fanwerke uitdaging en skep remixes van hulle

Of die werke oudio, visueel of teks is, van fanvideos tot podfik of meta tot fanfiksie, dink oor wat klassiek of noodsaaklik vir u is!

Ons is so opgewonde om te sien waarmee u vorendag kom en wat u deel! Ons nooi u om die hutsmerk #IFD2022 of #IFDChallenge2022 te gebruik as u deelneem op sosiale media en die ‘International Fanworks Day 2022’ etiket as die werke op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geplaas word. As u of u fandom gemeenskappe gasheer vir enige van u eie aktiwiteite gaan wees, laat weet ons sodat ons die sein kan versterk!

Hou dan ons nuus kanale dop vir meer inligting rakende Internasionale Fanwerkdag aktiwiteite, sedert ons die week voor IFD ons planne daar sal deel!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wie hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.

Event

Comments are closed.