Dankie vir jou belangstelling in die OTW! Daar is ’n paar maniere om hulp aan die OTW te bied:
Vrywilliger!
Stel jy belang om met een van ons projekte te help? Vrywilligers van alle agtergronde en lande is welkom. Sien ons Vrywilliger Algemene Vrae vir antwoorde op sommige algemene vrae!
Maak ‘n donasie!
Die OTW is ‘n nie-winsgewende organisasie, US 501(c)(3), en al ons dienste word gratis gelewer. Ons kan dit nie sonder jou hulp doen nie! Enige donasie van US$10 of meer kan lidmaatskap verleen, en selfs ‘n klein bedrag maak ‘n groot verskil. Jy kan ook skenk deur die pos!
Begin ‘n fondsinsameling!
Gaan jy binnekort na ‘n konsert of ‘n ander fan-byeenkoms? Is jy op soek na ‘n verskoning om ‘n partytjie te hou vir ‘n goeie doel? Kyk gerus na ons riglyne vir fondsinsameling deur derdepartye vir maniere om die OTW te ondersteun terwyl jy pret het.
Versprei die boodskap!
Laai pamflette en grafika af en laat mense van ons weet.