
I. INTERNASIONALE FANWERKDAG
Op en voor 15 Februarie het die Kommunikasie komitee die negende jaarlikse Internasionale Fanwerkdag gevier. Dit het ’n fanwerk uitdaging, aanbevelingsfees, en fan chat en speletjies op Discord ingesluit. Fanlore het ook fees gevier met sy sesde jaarlikse IFD Fanlore Uitdaging en die Vertalingskomitee het verskeie IFD nuusberigte vertaal na ’n indrukwekkende 32 tale. Baie dankie aan almal wat gehelp het!
II. BY DIE ARCHIVE OF OUR OWN – AO3 (ARGIEF VAN ONS EIE)
Die AO3 Dokumentasie-komitee
het ’n opgedateerde Kry Toegang Tot Fanwerke Algemene Vrae opgelaai. Dit sluit nuwe vrae in wat ons gebruikers sal touwys maak.
Intussen het Oop Deure 2023 goed afgeskop met die invoer van drie argiewe: Dragonfayth (Yu-Gi-Oh! fanfiksie); Lord of the Rings Fanfiction; en West Wing Fanfiction Central. Dit het ook die invoer van die A Priest in Korea gedenksargief aangekondig, en sy jaarlikse opsomming van Fanlore se gebeure gedeel, wat besonderhede gee oor die 17 argief-invoere wat dit in 2022 voltooi het (wat meer as 18 500 werke insluit).
Na vele eksperimente, foute regmaak, en hardeware herkonfigurasie, het die Sisteemkomitee uit eindelik AO3 na nuwe, meer kragtige databasis bedieners geskuif!
Die Beleidsmisbruik-komitee het 2 200 kaartjies ontvang in Januarie, wat nogal baie is! Intussen, toe hierdie nuusbrief geskryf is, was die Ondersteuningkomitee op pad om 1 600 kaartjies in Februarie te ontvang, wat minder is as die hoë getalle van Desember/Januarie.
2022 was a ’n groot jaar vir die Etiket Organisasie Komitee. Sy vrywilligers het meer as 4 850 000 etikette organiseer gedurende die jaar, ’n gemiddeld van meer as 10 500 etikette per organseerder, terwyl AO3 self met meer as 7 400 fandoms gegroei het!
III. LEGAL ADVOCACY (REGSVOORSPRAAK)
Die Regskomitee is tans besig om sommige belangrike hangende sake in die VS se Hooggeregshof nou te volg en aan deel te neem. Die sake handel oor kopiereg billike gebruik, inhoud moderering, en handelsmerke en vrye uitdrukking. Dit het ook ’n aantal gebruikersnavrae beantwoord en deelgeneem aan verskeie aktiwiteite rondom Billike Gebruik week, wat op 20-24 Februarie 2023 plaasgevind het. Regskomitee voorsitter Betsy Rosenblatt het ’n onderhoud gedoen oor intellektuele eiendomsreg en kunsmatige intelligensie as deel van die geleentheid.
IV. DIT GAAN ALLES OOR ONS MENSE
Van 25 Januarie tot 24 Februarie het die Vrywilligers en Werwingskomitee 111 nuwe versoeke ontvang en 114 voltooi, wat ons met 39 oop versoeke laat (insluitende induksie- en verwydering-take wat hieronder gelys word).
Op 24 Februarie 2023 het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) 903 vrywilligers gehad. \o/ Onlangse personeel beweging word hieronder gelys.
Nuwe AD&T Vrywilligers: Brian Austin (Kodering vrywilliger)
Nuwe Ontwikkeling en Lidmaatskap Vrywilligers: Chelsea Cheyanne (Lidmaatskap Data Spesialis)
Nuwe Fanlore Vrywilligers: 1 Personeellid
Nuwe Oop Deure Vrywilligers: Elf en 2 ander AO3 Fanzine Scan Hosting Project (AO3 Gasheer Projek vir Geskandeerde Fantydskrifte) Vrywilligers
Nuwe Beleidsmisbruik Vrywilligers: 1 Vrywilliger
Nuwe Vertaling Vrywilligers: Anastasia Rey Reed, Anastasija Vasilevska, applebear, darksideofthemuse, Lexi20, Mercy and taender_kisses (almal Vertalers), 4 ander Vertalers, en 1 Vrywilliger Bestuurder
Uitgaande Komitee Voorsitters: briar_pipe (Etiket Orgaisasie), CJ Record (Ondersteuning)
Uitgaande AO3 Dokumentasie Vrywilligers: Alyndra (Redakteur)
Uitgaande Verksiesings Vrywilligers: 1 Vrywilliger
Uitgaande Fanlore Vrywilligers: memorizingthedigitsofpi (Grafiese Ontwerper), Elf, Mohini (beide Beleidsadministrasie) en 1 ander Beleidsadministrasie vrywilliger, 1 Personeellid
Uitgaande Oop Deure Vrywilligers: Beth B, Goodwin, Rosa V (Invoer Assistente) en 10 ander Invoer Assistente
Uitgaande Strategiese Beplanning Vrywilligers: 1 Vrywilliger
Uitgaande Ondersteuning Vrywilligers: Zoë Renee
Uitgaande Etiket Organisasie Vrywilligers: Anggi, Ashling, Deifire, Glasses, Leevie, Liekinloimu, Rav, Sammy G, SoVeryAverageMe, woyo (almal Etiket Organiseerders) & 33 ander Etiket Organiseerders; Megan Q, Zoë Renee (beide Toesighouers) en 4 ander Toesighouers
Uitgaande Vertaling Vrywilligers: Elif Köylü, Eugecapisce (beide Vertalers) & 10 ander Vertalers; Antonius Melisse, Cyn, Laure (almal Vrywilliger Bestuurders)
Uitgaande TWC Vrywilligers: 2 vrywilligers
Vir meer inligting oor die omvang van ons komitees, verwys asseblief na die komiteelys op ons webwerf.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.