Fanvideo en Multimedia

Fans skep ‘n groot verskeidenheid van multimediawerke, insluitend fankuns, fanvids, anime musiek videos, politieke remixes, fanfilms, fan-lokprente, machinima, podfik, luisterboeke en ander. Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is daartoe verbind om toegang tot hierdie werke te voorsien en om die geskiedenis van hierdie werke te bewaar. Ons fanvideo- en multimediaprojekte is bedoel om inligting en hulpbronne aan die groter fanvideo-gemeenskap te verskaf en om te help om hierdie werke aan die res van die wêreld te verduidelik en te kontekstualiseer.

Fanvideo Roadmap (Fanvideo-Bloudruk)

Die Fanvideo-Bloudruk is ‘n gids vir die OTW se beplande video-verwante funksies en dienste, wat ons plan insluit om video volledig in die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) in te bring.

Hulpbronne vir Fanvideo-skeppers

Die volgende bladsye bevat inligting wat ons hoop nuttig sal wees vir fanvideo-skeppers; as u ‘n voorstel vir ‘n bladsy wat hier aangebied kan word, of nuwe voorstelle of regstellings op bestaande bladsye het, kontak ons asseblief.

Hulpbronne vir Fanvideo Vakkundiges

  • Bibliografie van Fanvideo: op Zotero onderhou.
  • Fanwerke Stylgids: hoe om in akademiese kontekste na fanvids (en ander vakkundige werke) te verwys.
  • Vidding (2008), ‘n dokumentêr vervaardig deur die OTW vir MIT se New Media Literacy projek.
  • Vidding Documentary (2011), deur Abigail Christensen
  • Vakkundige Argief van Multimedia Werke (kom binnekort): ‘n Biblioteek van fanvideos wat in akademiese of vakkundige artikels bespreek word: ons sal ook ‘n punt van kontak wees vir vakkundiges wat beplan om werk te publiseer sodat toekomstige artikels en boeke stabiele verwysings en voetnotas het.

Vidding Geskiedenis Projekte

Die OTW het tans besondere regs- en akademiese kundigheid in lewende-aksie media fanvidding; ons Vidding History (Vidding Geskiedenis) projekte het ten doel om dienste aan die vidding-gemeenskap te bied en vidding aan die res van die wêreld te verduidelik en te kontekstualiseer. Huidige projekte sluit in: die Vidding Oral History Project (Vidding Mondelinge Geskiedenisprojek), die Test Suite of Fair Use Vids (Toetspakket vir die Billike Gebruik van Fanvideo), en Vidding (2008), ‘n dokumentêr vervaardig deur die OTW vir MIT se New Media Literacy projek. Baie van die OTW se regswerk hou ook verband met vidding; u kan meer daaroor uitvind by ons Legal Advocacy (Regsvoorspraak) bladsy.

The Dark Archive (Die Donker Argief)

Die doel van die donker argief is om fanvideos te stoor en bewaar; hierdie argief sal nie aanlyn of algemeen toeganklik wees nie. Sien die Fanvideo-Bloudruk vir meer inligting.

Torrent of Our Own (Stroom van Ons Eie)

Die Stroom van Ons Eie sal ‘n private tracker wees vir transformerende fanwerke vir billike gebruik, insluitend: vids, fic lokprente, fankuns, zine pdfs, AMVs, politieke remix, machinima, en ander transformerende digitale fanwerke. Sien die Fanvideo-Bloudruk vir meer inligting.