Fanlore

Die Organisasie vir Transformerende Werke het Fanlore, ’n eie fandom wiki, gestig om die geskiedenis van transformerende werke en die fandoms waaruit dit kom, te beskerm. Die beta-weergawe van Fanlore is in September 2008 van stapel gestuur en die wiki het die beta-modus in Desember 2010 verlaat. In November 2019 het die wiki 50 000 bladsye verbygesteek en in Januarie 2021 het dit 1 000 000 wysigings, wat deur meer as 50 000 geregistreerde gebruikers gemaak is, verbygesteek.

Fanlore skep ’n raamwerk waar fans hul ervaringe binne fandoms van die verlede én hede kan dokumenteer. Hierdie wiki is ’n lewende argief van fandom-geskiedenis vir die gebruik van fans. Ons wil fandom-gebeure uit die verlede dokumenteer, asook huidige besprekings en debatte deur die geskiedenis opteken soos dit plaasvind. Fanlore gee ook konteks vir die media buite fandom, akademici en mense wat nuut-betrokke is by fandom, in ’n formaat waar fans self in beheer is van hoe hulle voorgestel word.

Fanlore se inhoud word deur fans geskep. Alle fans word aangemoedig om by die projek aan te sluit deur ’n rekening te maak en eienaarskap van die wiki se inhoud te deel. Fans word aangemoedig om by te dra deur nuwe artikels te skep, besonderhede by te voeg, of hul eie perspektief by te dra tot artikels om hul begrip van sekere onderwerpe op te dateer, te debateer, of te verbreed. Sommige Fanlore-redigeerders onderneem spesifieke wysigingsprojekte, wat FanloreProjects genoem word en wat fokus op ’n verskeidenheid onderwerpe en fandoms soos X-Files, Harry Potter Fanfik Tropes, Haikyuu en Tumblr argivering.
Fanlore bied ook gereelde wysigingsuitdagings, soos die jaarlikse IFD Fanlore Uitdaging en die Bingo Uitdaging aan. Fanlore-personeel hou toesig oor onlangse wysigings om te verseker dat alle bydraes behoorlik geïntegreer is en om ondersteuning aan ons fan-bydraers te bied. As gevolg van die aard van die wiki is dit altyd ’n werk-in-proses en die Fanlore Beleid- en Administrasiespan verskaf ondersteuning en leiding waar nodig.

Alle oorspronklike inhoud is beskikbaar onder ’n Creative Commons-lisensie; dus is enigiemand welkom op kopieë te maak om op ander webtuistes te berg. Die wiki is met oopbronsagteware geskep.

Meer besonderhede oor Fanlore kan in die OTW webtuiste FAQ asook in Fanlore se FAQ gevind word. Om met die Fanlore-komitee in kontak te tree kan u ’n boodskap deur ons kontakvorm indien.

Nuus oor Fanlore is beskikbaar deur Twitter, Tumblr en Dreamwidth.